Els kruis swaarde met ander sangers

2010-09-06 00:04

Johannesburg

Die sangeres Sonja Herholdt is “stomgeslaan” dat Jurie Els na haar aborsie in sy boek Ver van Vrede – My Volle Verhaal verwys het wat vandag op die rakke is.

“Dit is ou nuus,” sê Herholdt. “Jurie mors net ’n mens se tyd.”

Sy het ook gesê die dinge wat hy in sy boek kwytraak, raak haar nie en sy weet nie wat hy daarmee wil bereik nie.

Els praat in sy outobiografie hoe hy swaarde met Herholdt en ander musikante soos Patricia Lewis gekruis het en ook oor hoe hy deur Huisgenoot, Son, die radio-omroeper Gareth Cliff en komediant Leon Schuster te na gekom is. Hy verwys ook na Lewis se vermeende seksvideo en die skade wat sy loopbaan daardeur gely het. “Ek het soos Petrus by die vuur gevoel die aand toe Jesus in hegtenis geneem is. Ek was ‘guilty by association’. Dis maar die risiko wat ’n mens loop as jy ’n sangmaatjie kies,” skryf Els.

Hy staan ook feitlik die hele derde deel van sy boek getiteld “Niks” aan “Robbie se liegstories” af. Die ander twee gedeeltes, onderskeidelik “Niemand” en “Iemand” getitel, handel oor sy lewe van geboorte totdat hy en sy gesin in 2008 na Nieu-Seeland verhuis het. Hy verwys na spesifieke voorvalle soos Patricia Lewis se troue waarna hy nie genooi is nie, stryery tussen die Else en Huisgenoot oor troufoto’s en die manier waarop sy eerste kind in die media uitgebeeld is.

Els dra sy boek op aan sy kinders, Chrizette en Jason John, “sodat hulle eendag kan verstaan waaroor alles gegaan het”.

Volgens mnr. Johnny le Roux van Naledi-uitgewers sal Els nie in Suid-Afrika wees vir ’n amptelike bekendstelling van sy boek nie. “Jurie het die boek geskryf om sy naam in ere te herstel ná die Robbie Klay-skandaal,” sê Le Roux. “As dit nie was vir die kamtige skandale nie sou ons waarskynlik nie eens die boek uitgereik het nie.”

Le Roux sê hy kon die boek nie neersit nie en dit gaan hoofsaaklik oor dinge wat Els gepla het.

Klay se agent, mnr. Gert van Schalkwyk, sê dit is “verregaande” dat Els nou só ’n boek sal uitbring “net wanneer Robbie weer op sy voete gekom het”. Van Schalkwyk sê Klay gaan nie eens die boek koop nie.

Tussen 3000 en 5000 eksemplare van Els se boek is gedruk.

Le Roux verwag dat dit net so goed soos Els se vrou, Hestrie Cloete, se boek sal verkoop.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

jackivdm sê... As hulle dit in matriek vra, wat vra hulle deesdae in Graad 3? Toe ek nog op skool was, was daai 'n pasellapuntjie in 'n Graad 3 vraestel... Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

A 180 ELEGANCE AT
2010
R 244,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.