Duisende sekswerkers gewerf

2010-03-15 02:11

George – Duisende sekswerkers uit onder meer Oos-Europa gaan na verwagting na Suid-Afrika gesmokkel word vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

Die New York Daily News het onlangs berig bykans 40?000 sekswerkers is reeds vir vanjaar se toernooi gewerf.

Mnr. Davis Bayever, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Sentrale Dwelm-owerheid, het op ’n vergadering van die Verenigde Nasies se kantoor teen dwelms en misdaad gesê die regering is bekommerd oor ’n toestroming van sekswerkers na die toernooi.

Die Burger het vroeër van rolspelers in die Suid-Kaap verneem meer sekswerkers van groter ­stede word na die streek “ingevoer” met die oog op die sokkertoernooi.

Die sokkerspanne van Frankryk, Denemarke en Japan gaan hul tuisbasisse in die Tuinroete inrig.

Volgens Bayever word sekswerkers gelok met beloftes van geld. Sekswerkers, veral uit Oos-Europa, word blykbaar by die toernooi verwag en vrese bestaan dat kinders by die bedrywighede betrek kan word.

Hy het gewaarsku dat diegene wat die land onwettig probeer binnekom, vasgevat gaan word.

Na verwagting gaan meer as 400 000 mense die toernooi bywoon.

Mnr. Pieter Cronje, woordvoerder van die Kaapse 2010-span, het gesê die polisie sal gedurende die toernooi oorhoofs in bevel van sekuriteit wees. “Kaapstad se wetstoepassingseenhede tree ter ondersteuning van die polisie op.”

In die Suid-Kaap gaan die polisie ’n hoë sigbaarheid rondom die spanne se tuisbasisse in George en Knysna handhaaf, het kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid beplan om meer kondome gedurende die toernooi te versprei.

Volgens Statistieke Suid-Afrika het die getal mense in Suid-Afrika wat MIV-positief is, van 4,1?miljoen in 2001 tot 5,2 miljoen verlede jaar toegeneem.

’n Uitreik-aksie deur die provinsiale gesondheidsdepartement na sekswerkers in die George-omgewing loop Saterdag ten einde.

Hulle word onder meer gewaarsku teen die gevare van MIV/vigs en ander seksueel oordraagbare siektes.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Penelope sê... Dis tog iets wat mens by die huis leer? Of een of ander tyd deur jou skoolloopbaan in 'n wiskundeklas? Dis skokkend. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

PL/SQL Oracle Developer

Midrand
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

MITSUBISHI

Pajero BK 3.8 GLS SWB 4x4 3-dr AT MY07
2007
R 219,990.00

KIA

K2700 Std Dsl MY04
2006
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.