‘Duikers het my man in see gelos’

2010-01-06 05:55

Kaapstad

“Ek moet hom kry; dit is baie belangrik.”

Só het me. Jane Botha (43) gister gesê oor haar seun, Percival Botha (19), wat Sondag saam met mnr. Daniel Groenewald (44) vermis geraak het.

Hulle het op hul vissersboot uitgegaan om ’n groep mans te gaan help wat op ’n rubberboot by Buffeljagsbaai, naby Pearly Beach, ter see in die moeilikheid geraak het.

Mnr. Lester Davids (28), een van die mans wat op die rubberboot was, se lyk het Maandagoggend uitgespoel, terwyl van die ander mans uitgeswem het.

Me. Botha het gesê dit is vir haar belangrik om haar seun te kry om afsluiting te kry.

Mev. Hannelie Groenewald (43), Daniel se vrou, en mnr. Steven Botha, Percival se pa, het gister gesê Daniel en Percival het Sondagaand kort voor donker vanaf die kus gesien ’n “hele klomp” mans, onder wie duikers, het op die rubberboot in die moeilikheid geraak.

Hulle is in hul vissersboot daarheen en het die vrag en bemanning op die vissersboot gelaai. Die vissersboot het omgeslaan en die mans het begin terugswem kus toe.

“Hulle was duikers wat kon swem, en hulle het my man wat nie kon swem nie daar gelos,” het mev. Groenewald gister gesê. “Wie gaan vir my en my kind sorg?” Hulle het ’n driejarige seun, Reagan.

Steven Botha het gesê die duikers het aan hulle gesê Percival en Daniel was ver agter in die see en paniekerig. “Hulle het gesê hulle sou dit self nie maak as hulle hulle moes help nie,” het hy gesê.

“My seun was nog so jonk. Hy was goed gemanierd en baie behulpsaam,” het Botha sr. gesê.

Mnr. Gert Claassen, aanstaande skoonpa van Davids, het hom as ’n “lieflike mens” beskryf. “Ek mis hom al klaar.”

Davids sou in Maart met sy dogter, Grace (26), trou. Hulle het ’n driejarige dogter, Amber Davids.

Supt. Maree Louw, stasiebevelvoerder van die Bredasdorp-polisiestasie, het gesê polisieduikers sou gister na Groenewald en Botha soek, maar die see was nog te rof en die seewier te veel vir hulle om in die water te duik.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Alet sê... Jy slaap nie rond, jy slaap in die ronte... Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 134,994.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2005
R 219,950.00

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.