‘Dit kan met enigiemand gebeur’

2012-02-22 00:00

STELLENBOSCH. – Die vyfjarige Dirkie Lochner van Wellington het sy ouers in ’n toestand gehad toe hy voor hul vertrek na Tietiesbaai vir die Desember-vakansie “verdwyn” het.

Die Burger het gister berig hoe ’n fietsryer, mnr. Evan Smit, op 16 Desember verlede jaar gesien het hoe dié seuntjie windverwaaid op die A-raam van ’n bewegende sleepwa se disselboom agter ’n dubbelkajuitvoertuig vasgeklou het.

Smit het by ’n rooi verkeerslig in Kerkstraat, Wellington, daarin geslaag om die bestuurder van die voertuig, wat hy aangeneem het Dirkie se pa is, oor die situasie in te lig.

Smit het nooit die besonderhede van die bakkie se insittendes geneem nie en weggery.

Nadat Dirkie se ma, me. Marinda Lochner, gereageer het op die berig wat ook op Die Burger se webblad verskyn het, kon agter die kap van die byl gekom word.

“Dit was nie ons in die bakkie nie,” het mnr. Francois Lochner, Dirkie se pa, gister vertel.

“Ons was eintlik op pad Tietiesbaai toe vir vakansie. Net voor ons wou ry, het ons agtergekom Dirkie is weg en het ons na hom begin soek.

“Ek het sy oom-hulle, wat solank vooruit gery het, gebel en gevra of Dirkie by hulle in die kar is. Hy het gesê nee. My vrou was in ’n toestand, want ons kon hom nie kry nie.

“’n Rukkie later is ons ingelig dat ’n motoris en ’n fietsryer sy oom-hulle gestop het en dat Dirkie gekry is. Hulle was sowat 2km van die huis af,” het Lochner vertel.

“Sy oom-hulle was vreeslik geskok. Dit kan met enigiemand gebeur. Dirkie was net so geskok.”

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
50 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

noekvanbiljon sê... Wat help dit? Daar is seker alreeds goeie afdrukke gemak of miskien het die skilder meer as een geskilder soos met 'Die Skreeu'. Binne die volgende week sal die skilderstuk oor die hele wereld versprei wees en die President se totie sal meer beroemd wees as die van Bill Clinton. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.