’Dit is die boere se skuld’

2010-04-21 01:51

Kaapstad

Dis boere se skuld dat plase onveilig is, het ANC-parlementslede gister gesê.

Mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se komitee oor landelike veiligheid, het in ’n voorlegging aan die portefeuljekomitee oor polisie gesê die neerhalende uitsprake wat staatsamptenare en senior politici teenoor wit boere maak, is een van die grootste uitdagings.

Mnr. Patrick Chauke, ANC-LP, het dit afgelag.

“Politieke uitsprake is die minste van jul probleme. Georganiseerde landbou weet baie goed húlle is die oorsaak van die probleme. Die polisie probeer sy bes, maar die oplossing lê by julle,” het hy aan Botha gesê.

Chauke het voorts aangevoer plaaswerkers word mishandel en dat boere onwettige immigrante “gevange hou”.

“Die meeste van die veediefstal word deur boere self gepleeg. En hulle verkoop alkohol aan die plaasbewoners.”

Volgens me. Sindi Chikunga, ANC-LP en komiteevoorsitter, is talle boere goedhartig. “Maar dis ook ’n feit dat daar baie gewelddadige boere is en julle (Agri SA) moet hulle in die openbaar veroordeel.”

Aantygings is ook gemaak dat boere traag is om polisiereserviste te word en nie by gemeenskapspolisiëringsforums en sektorpolisiëring betrokke wil raak nie.

Botha, self ’n polisiereservis, het agterna aan Die Burger gesê hy is bitter ongelukkig oor hoe die vergadering verloop het.

Hy het ontken boere wil die polisie nie help om plase te beveilig nie.

“Ons probeer ons bes om betrokke te raak (by sektorpolisiëring), maar die stelsels en onbevoegde mense (binne die polisie) verhinder ons.” Botha het gesê die regering versuim sy plig om boere te beskerm en wil al die verantwoordelikheid op georganiseerde landbou afskuif.

“Ek is ’n gewone landsburger met bepaalde regte. Die politici moet erken waar die verantwoordelikheid lê. Dit is hul plig om te regeer. Om die bal terug na ons toe te gooi, néé, ek is nie hiermee gemaklik nie.”

Volgens Agri SA se statistieke was daar die afgelope 18 jaar tot 11 785 plaasaanvalle en is 1 804 boere vermoor. Tot 121 000 stuks vee ter waarde van sowat R365 miljoen is net in die 2008-’09-boekjaar gesteel.

Botha het gewaarsku kommersiële landbou kan die verliese nie onbepaald deurstaan nie, en dat voedselsekerheid bedreig word.

Agri SA steun die regering se plan vir landelike veiligheid en verkies dit bo die ou kommandostelsel. Tog het Botha gesê die plan val uitmekaar weens ’n reuse-gebrek aan leierskap, beheer en kontrole binne die polisie.

Hulpbronne word misbruik, daar is korrupsie en die meeste stasiebevelvoerders weet nie hoe om sektorpolisiëring in landelike gebiede toe te pas nie.

Volgens me. Annelizé van Wyk, ANC-LP, het die polisie in Mpumalanga in Januarie aan die komitee gesê sommige boere gee nie hul samewerking met polisiëring nie.

  • Die jongste statistieke oor plaasaanvalle en -moorde sal in Mei bekend gemaak word wanneer die polisie sy plan vir landelike beveiliging aan die parlement voorlê.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
82 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

noekvanbiljon sê... Wat help dit? Daar is seker alreeds goeie afdrukke gemak of miskien het die skilder meer as een geskilder soos met 'Die Skreeu'. Binne die volgende week sal die skilderstuk oor die hele wereld versprei wees en die President se totie sal meer beroemd wees as die van Bill Clinton. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 Exec Multitronic
2005
R 165,000.00

BMW

120i (E87)
2005
R 172,900.00

TOYOTA

Corolla 140i GLE MY05
2008
R 146,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.