Digter Dennis Brutus (85) sterf

2009-12-28 03:32

KAAPSTAD. – Die digter en struggle-aktivis wat ’n bepalende rol daarin gespeel het dat Suid-Afrika weens apartheid uit die Olimpiese Spele geskop is, se stem het die naweek hier stil geword.

Maar prof. Dennis Brutus (85), wat van 1964 tot 1965 op Robbeneiland aangehou is, was tot met sy afsterwe gemoeid met die politieke en maatskaplike welstand van die land.

Die skrywer van digbundels soos Letters to Martha is eergister in die vroeë oggendure aan prostaatkanker dood – iemand, het sy familie gesê, wat sy lewe “in diens van geregtigheid, vrede, vryheid en die bewaring van die planeet” gelei het.

Dit was ook sy wens – sy eie ongesteldheid ten spyt – om die pas afgelope “mislukte” Kopenhagen-beraad oor klimaatsverandering by te woon, het die digter James Matthews (80) gister gesê.

Matthews het gesê Brutus was sowat drie weke gelede met sy verjaardagparty – hoewel hy reeds baie broos was – nog net so vurig soos altyd; steeds ’n ware aktivis, wat hartstogtelik geglo het in die slagspreuk aluta continua, oftewel “die stryd duurt voort”.

“Dit walg my daarom dat hy nooit die nodige erkenning gekry het oor hoe hy die rassistiese Suid-Afrika uit die Olimpiese Spele laat skop het nie.”

Ook mnr. Gideon Sam, president van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), het gesê dit is hartseer dat mense soos Brutus “op die agtergrond geskuif word” noudat die samelewing genormaliseer is.

Dit reflekteer veral sleg op sportbewegings in die land, wat bepaald op administratiewe vlak sukkel, dat ’n “reus” soos Brutus se vaardighede nie gebruik is nie.

Die fotograaf George Hallett, wat Brutus in ballingskap deur oudminister Pallo Jordan ontmoet het, onthou hoe bekommerd hy tot voor sy dood was “oor hoe sekere mense mors met ons demokrasie”.

Soos Matthews, onthou nóg ’n Kaapse digter, Gladys Thomas, hoedat Brutus dit vir hulle moontlik gemaak het om by Amerikaanse universiteite hul werk te kon voorlees, terwyl hy daar in ballingskap was.

Die 75-jarige Thomas het gesê: “Mense soos hy is nou vergete; daar is ’n stilte oor die werk wat hulle gedoen het.”

 - Brutus word oorleef deur sy vrou, May, agt kinders, nege kleinkinders en vier agterkleinkinders in Kaapstad, Hongkong, Engeland en Amerika.

’n Private verassing word eersdaags gehou en ’n gedenkdiens vroeg in die nuwe jaar.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Julianna sê... Ek was in Wonderboom in die Weermag - seinkorps. Laasjaar besluit ek om my kinders te gaan wys waar ek in SAVKOL was, en tot my verleentheid, skok en verbasing stem die plek wat ek voor my sien glad nie ooreen met die plek wat ek vir my kinders geskets het nie. Eerstens ry ons daarin sonder dat enigiemand eers ons motor deursoek of ons iets invul. Tweedens lyk dit so vervalle dat ek van mening was die basis is gesluit. Die wasgoed wat egter by die vensters uitgehang het, het gewys dat daar tot nog lewe was. Wat 'n skok. Vullis het in hope voor die deure gelê, die eens dik groen grasperke was lank en kol-kol dood. Vensters was vuil en stukkend, verf het afgedop en die pragtige blombeddings was blomloos en onkruid oortrek. Die swmbaddens was groen en vuil... Dit was skokkend! Ek kon werklik nie my oë glo nie, soveel verval in 19 jaar... Daar is geen trots meer, daarom dat dit so lyk. Volgens wat ek daardie dag gesien het sou dit meer as 'n besem en hark kos om dit aanvaarbaar te maak. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Cost Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Group Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction 3-dr
2004
R 165,000.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2006
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.