Departement het 3 regspanne vir hofsaak

2009-12-19 02:40

Pretoria

Die aanstelling van drie aparte prokureursfirmas om die departement van verdediging en militêre veterane in die hof te verteenwoordig, kan die belastingbetaler tot vier soldate se jaarlikse verdienstes per dag uit die sak jaag.

Sou ’n saak vorder tot by die konstitusionele hof – soos wat verwag word met die hofsaak oor die onwettige optrede van soldate by die Uniegebou – gaan dit miljoene rande kos.

Intussen sit die staatsprokureurs glo bedroë sonder ’n verduideliking waarom hul dienste skielik nie meer goed genoeg is vir die weermag nie.

Só was daar twee weke gelede in die Pretoriase hooggeregshof drie stelle prokureurs en advokate om namens dr. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, mnr. Tsepe Mothumi, waarnemende sekretaris van verdediging, en genl. Godfrey Ngwenya, weermaghoof, op te tree.

Dít was in ’n dringende aansoek deur die SA Nasionale Weermag­unie (Sanwu) om die administratiewe ontslag van vier troepe van Potchefstroom te keer.

Volgens adv. Pikkie Greeff van Sanwu het al drie die regspanne dieselfde verweer gehad en dieselfde argumente, maar al drie het apart betaling gekry. Greeff reken die totale rekening vir dié een dag se verskyning moes sowat R402 000 beloop het.

Dít sluit in die reiskoste van een van die regsfirmas wie se kantore in die Kaap is en wat ’n prokureur en ’n advokaat Pretoria toe gevlieg het om in die hof te verskyn.

“Regter André Louw, wat die saak aangehoor het, het selfs in sy uitspraak gesê hy vind dit vreemd dat drie spanne advokate met dieselfde verwere saam in sy hof verskyn het,” het Greeff gesê.

Greeff reken die dag se regsrekening is meer as wat al vier die troepe se gesamentlike verdienste per jaar is.

Die departement van verdediging het vandeesweek gesê hy gaan nié op die kwesesie kommentaar lewer nie.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

heleen.henstock sê... Wil jy he hulle moet so polities korrek wees en dan beurte maak op te wen? As Tygerberg nie die "mas opkom nie", wil jy hulle van deelname ontneem? Die skool wat die vinnigste hardloop, verste spring en gooi, is die wenner. As jou gedagtegang gevolg woord sal daar op die ou end net een skool deelneem, die wenskool. 10 hoera vir die Tiere en hulle deelname!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

BMW

320i
2005
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 139,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.