Debat op Facebook oor FNB se ‘rassisme’

2010-01-06 05:55

Johannesburg

’n Vuurwarm debat woed onder lede van ’n Facebook-groep oor First National Bank (FNB) se nou omstrede beursskema waardeur net swart kinders bevoordeel kan word.

Die Facebook-groep “No to FNB Racism!” het teen gistermiddag reeds 1 252 lede gehad.

Mnr. Manie Bosman van Pretoria het dié groep verlede Maandag gestig nadat dit aan die lig gekom het FNB bied geldelike studiehulp aan werkers met laerskoolkinders en wat minder as R100 000 per jaar verdien.

Talle mense het gedreig om van bank te verander nadat Die Burger in Desember hieroor berig het.

Me. Jeanne de Waal skryf op die Facebook-blad nie net FNB nie, maar ook ander groot maatskappye sal steun van die regering verloor as hulle nié rassisties is nie.

Hoewel die meeste van die Facebook-groeplede die beweerde rassisme by FNB veroordeel, is daar ook lede soos mnr. Lionel Ricardo Adendorf wat beweer die groep is “ ’n regsgesinde AfriForum” en dat hy sy swart vriende gaan vra om aan die groep te onttrek.

Bosman, ’n oud-joernalis wat al langer as ’n dekade Christelike leiersopleiding in Afrika doen, het gister gesê hy het ná die berig in Die Burger besluit om die Facebook-groep te stig.

“As ons in die apartheidsbedeling bereid was om teen rassisme op te staan, moet ons dit nou ook doen. ’n Mens sal altyd verregse- en linkse reaksies op ’n Facebook-groep soos hierdie kry, maar oor die algemeen is die dialoog goed en interessant.

“Die doel met die Facebook-groep is nie net om vir FNB en die regering te sê dié soort rassisme is onaanvaarbaar nie, maar ook om dialoog tussen mense van alle rasse aan te help.”

Bosman het gesê die vinnig groeiende getal lede bevestig sy gevoel dat die land gereed is vir debat oor omgekeerde diskriminasie.

Dr. Michael Jordaan, uitvoerende hoof van FNB, het vroeër gesê die omstrede beursskema is deel van ’n swartbemagtigingsaksie en dat die bank ingevolge regsadvies net swart kinders mag steun.

Dr. Dirk Hermann, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, en Jordaan het tydens ’n vroeëre ontmoeting ooreengekom dat die bank wittes by die transaksie sal insluit indien die wet dit toelaat.

Hermann glo nie daar is enige wetlike gronde vir FNB se eksklusiewe bevoordeling nie. Solidariteit en FNB se regspanne ontmoet op 11 Januarie.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Djim sê... Jy kan enigiets in die lewe verloor en weer trug kry of herbou, maar jou naam, as dit weg is is dit vir altyd. Nogal lank wat die stort kop saam met hom loop, nou is dit net n' 2e kop. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BA

Tshwane (Pretoria)
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R420000

Oracle Applications DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R540000

.Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R180000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction 3-dr
2004
R 165,000.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2006
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.