Dan Roodt verloor lastersaak teen Die Burger

2012-01-12 00:00

KAAPSTAD

Die nasionale persombudsman het ten gunste van Die Burger beslis nadat dr. Dan Roodt gekla het oor ’n meningsartikel wat in dié koerant verskyn het.

Volgens Roodt, ’n skrywer en leier van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag), het die onafhanklike kommentator Ilse Bigalke se verwysings na hom as verregs, ’n rassis en ekstreem in ’n artikel van 24 November 2011, “Van hekse kom nie altyd onheil”, hom beswadder.

Voorts beweer hy die artikel het nie die konteks van ’n bespreking ten tyde van ’n televisieprogram oor wiskunde en swart prestasie verreken nie.

Volgens mnr. Johan Retief, adjunk-persombudsman, se bevinding wat Maandag uitgereik is, aanvaar hy Die Burger se verweer dat die verwysings geregverdigde kommentaar en in die openbare belang is.

Hy het gesê ’n lastereis wat Roodt vroeër teen onder meer Media24 gebring het omdat hy ’n rassis genoem is, is met koste van die hand gewys.

Dít beteken die hof aanvaar die stelling oor rassisme was waar of wesenlik waar, het Retief gesê.

“Hierdie argument is logies.

“Ek aanvaar dit as sodanig wat beteken dat Bigalke, soos Media24, geregverdig was om die verwysings in dispuut te gebruik.”

Retief het gesê dit is ’n meningsartikel wat ingevolge die perskode eerlik en sonder kwaadwilligheid uitgespreek moet word en alle beskikbare en relevante feite billik in ag neem.

“Ek het geen rede om te glo dat Bigalke haar mening oneerlik en kwaadwilliglik uitgespreek het en daardeur die Perskode oortree het nie,” het Retief bevind.

Retief is ook van mening die konteks, soos wat Roodt dit in ’n latere brief aan Die Burger gestel het, sou nie ’n “wesenlike verskil aan die artikel” maak nie.

Roodt het sewe dae om appèl aan te teken nadat hy die persombudsman se bevinding ontvang het.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

noekvanbiljon sê... Wat help dit? Daar is seker alreeds goeie afdrukke gemak of miskien het die skilder meer as een geskilder soos met 'Die Skreeu'. Binne die volgende week sal die skilderstuk oor die hele wereld versprei wees en die President se totie sal meer beroemd wees as die van Bill Clinton. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.