DA vra ondersoek na regse kamp

2012-02-25 00:00

KAAPSTAD. – Die DA het die Menseregtekommissie (MRK) gevra om die aktiwiteite van ’n regse kommandokorps in Mpumalanga te ondersoek.

Die Mail&Guardian het gister berig kinders van tussen 13 en 19 word glo op ’n “vervalle gasteplaas” buite Carolina opgelei om swart mense te haat.

Luidens die berig word die kinders onder meer geleer:

  • Benewens die inheemse bevolking van Australië, is swart mense die mees onderontwikkelde, barbaarse mense op aarde;
  • Hulle het glo ’n “kleiner brein” as wit mense en kan dus nie inisiatief neem en behoorlik regeer nie; en
  • Swart mense is die “vyand” van Suid-Afrika.

Die berig lui dat sowat 1500 jong mense die afgelope 11 jaar die opleiding ondergaan het.

’n Kind wat in die artikel aangehaal word, het gesê: “Die opleiding het my geleer dat jy swart mense moet haat. Hulle maak almal dood met wie hul paaie kruis.”

Mnr. Mmusi Maimane, DA-woordvoerder, het in ’n verklaring gesê die party gaan die MRK vra om verskeie aspekte van die kommandokorps te ondersoek.

Die party wil onder meer weet of die aktiwiteite van die kommandokorps wettig is, of enige haatmisdade gepleeg is, hoe die instelling sy wapens bekom het, hoe die jong mense gewerf is en of hulle ’n keuse daarin gehad het om gewerf te word, en of hul menseregte geskend word.

“Die tragiese plaasmoorde wat dele van ons land onlangs getref het, het mense natuurlik bang en kwaad gemaak. Rassistiese organisasies soos hierdie is egter nie die oplossing vir die bekommernisse wat Suid-Afrikaners in landelike gebiede vir hul veiligheid het nie.”

Volgens Maimane benodig die polisie ’n eenheid vir grens- en landelike veiligheid om Suid-Afrikaners wat in landelike gebiede woon, te beskerm.

“Ons het nie paramilitêre eenhede nodig wat haat vir ander mense op grond van hul velkleur kweek nie. Die DA sal dié euwel in ons land beveg.”

Mnr. Franz Jooste, hoof van kommandokorps, het nie gister op navrae per SMS of e-pos gereageer nie.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

noekvanbiljon sê... Wat help dit? Daar is seker alreeds goeie afdrukke gemak of miskien het die skilder meer as een geskilder soos met 'Die Skreeu'. Binne die volgende week sal die skilderstuk oor die hele wereld versprei wees en die President se totie sal meer beroemd wees as die van Bill Clinton. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.