Binnelandse sake laat ernstige siek vrou maande lank wag

2009-12-19 02:40

Kaapstad

’n Ernstige siek vrou wag al byna sewe maande lank vir ’n amptelike dokument van die departement van binnelandse sake.

Dit sal verseker dat sy haar by haar man en kinders in Spanje kan aansluit.

Boonop verval die huurkontrak van die huis waarin mev. Evelyn Kemp-Hart (45) in Kaapstad woon op 31 Desember.

Haar ma, mnr. Graham Hart, werk sedert verlede maand in Spanje in die sekerheidsbedryf nadat hy verplaas is.

Kemp-Hart, wat die afgelope week met gevorderde borskanker gediagnoseer is, probeer al sedert Junie vanjaar om ’n onverkorte huweliksertifikaat van die departement te bekom ten einde vir haar visum aansoek te kan doen.

Volgens Kemp-Hart het die departement haar in Oktober laat weet dat sy die sertifikaat kan kom afhaal, net om te vind dit is in die naam van haar man en sy gewese vrou uitgemaak.

Sy het gesê nóg die departement nóg die kerk waar sy en haar man in Oktober 2002 getroud is, kan hul afskrifte van die dokumente opspoor.

Ten einde raad het sy en haar man, twee getuies wat op die huwelikseremonie teenwoordig was sowel as die predikant, wat intussen na Australië verhuis het, be-­ edigde verklarings afgelê ten einde die geldigheid van die huwelik te bevestig.

Boonop het sy troufoto’s wat tydens die teken van die huweliksregister geneem is as ekstra bewyse bygevoeg.

Nadat Die Burger die departement van binnelandse sake gebel het om te probeer uitvind wat aangaan, is die onderneming gegee dat die nodige dokument Maandag gereed sal wees.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

heleen.henstock sê... Wil jy he hulle moet so polities korrek wees en dan beurte maak op te wen? As Tygerberg nie die "mas opkom nie", wil jy hulle van deelname ontneem? Die skool wat die vinnigste hardloop, verste spring en gooi, is die wenner. As jou gedagtegang gevolg woord sal daar op die ou end net een skool deelneem, die wenskool. 10 hoera vir die Tiere en hulle deelname!!! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

BMW

320i
2005
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV MY05
2006
R 139,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.