Bier gaan vloei tydens toernooi

2010-03-12 00:16

Kaapstad

Suid-Afrikaanse bierdrinkers sal nou wel nie hul gunsteling- Suid-Afrikaanse bier by ’n Wêreldbeker-sokkerwedstryd kan geniet nie, maar buite die stadions en by die amptelike kyk- en jolkolle sal daar genoeg vir almal wees.

Budweiser is Fifa se voorkeur-bier vir die toernooi en sal by die stadions verkoop word, maar Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) het beloof dat daar elders geen tekort aan enige van die plaaslike gunstelinge sal wees nie.

Volgens mnr. Alastair Hewitt, 2010-bemarkingsbestuurder van SAB, word verwag dat die meeste sokkeraanhangers die Wêreldbeker-wedstryde tuis op televisie sal volg, of in sportkroeë of taphuise of by die plaaslike kyk- en jolkolle.

Die sokkerkykery in die winter gaan na verwagting daartoe bydra dat die bierverbruik in dié tyd met tussen 4% en 6% toeneem.

Dit beteken dat ’n bykomende sowat 100 000 hektoliter – 30 miljoen blikkies of botteltjies bier van 340 ml elk – verkoop kan word.

SAB het verlede jaar 25 miljoen hektoliter bier gebrou in sy sewe brouerye, wat almal in of naby gasheerstede geleë is.

Hewitt het gesê van die reëlings wat nou getref word om tekorte te voorkom, sluit in die opberging van bykomende voorraad wat in April en Mei gebrou word.

Verkoelingsvoertuie sal ook gereed staan om tekorte aan te vul. In die proses sal SAB-voertuie na verwagting ’n bykomende 4 miljoen kilometer aflê om die bier na 56 000 verkooppunte landwyd te versprei.

Normaalweg word sowat 35 miljoen kilometer per jaar afgelê.

SAB maak ook staat op die feit dat Castle Lager die hoofborg van Bafana Bafana is en dat Suid-Afrikaners hul steun aan hul nasionale span en sy borge sal gee.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

hjonker sê... Is hierdie 'n grap of wat? Liewe hel ons moet dit elke liewe Vrydag gedoen het. Moan soldate nou omdat hul hul basis moet skoon hou? Hul is gelukkig hul moes nie die paradegrond skoon vee nie... Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 2-16°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-21°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Financial Director

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Embedded Developer

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R30000 - R40000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 134,994.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2005
R 219,950.00

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 Plus 5-dr
2007
R 109,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.