Bettysbaai verjaardagnaweek loop erg skeef

2010-09-09 11:03

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 'n Verjaardagnaweek het in ’n geveg ontaard toe ’n jong man en sy vriende na bewering in ’n vakansiehuis in Bettysbaai aangeval is, glo nadat hul aanvallers se bande gesny is.

Drie verdagtes van Kleinmond, almal 18 jaar en ouer, verskyn Vrydag in die Caledon-landdroshof in verband met die aanval die naweek in die vakansiedorp.

Hulle word deur aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer en opsetlike saakbeskadiging in die gesig gestaar.
Mnr. Krish Naidoo van Avondale, Parow, het die afgelope naweek ’n huis in Bettysbaai gehuur sodat sy seun, Praveen, vir sy 23ste verjaardag ’n groep van 11 vriende tussen die ouderdomme van 16 en 25 jaar oud daar kon onthaal.

Een van die vriende, mnr. Eugene Rall (25), het aan Die Burger gesê hulle het plaaslike skoolseuns by ’n kuierplek, waar hulle potspel gespeel het, ontmoet. Dié seuns is saamgenooi na die vakansiehuis, maar is toe gevra om te gaan nadat hulle na bewering “roekeloos” bestuur het.
Die seuns is toe vort, maar het later teruggekeer met wat Rall as “versterkings” beskryf het.

“Die hel was behoorlik los, want skielik daar was nóg twee seuns, twee volwassenes en drie meisies. Die mans was gewapen met ’n byl, bottels, skroewedraaiers en dik stokke,” het Rall gesê.

Rall is na bewering so bygedam dat hy ligte harsingskudding opgedoen het en sy lyf is ook glo vol kneusplekke. Die ander partytjiegangers moes glo traumaberading ontvang.

Die huis is na bewering erg beskadig. Volgens die eienaar – wat nie sy naam wil noem nie – beloop die skade etlike duisende rande.
Kapt. Jakobus Marthinus, stasiebevelvoerder van Kleinmond-polisie, het die voorval bevestig.

Hy het gesê die plaaslike seuns se motorbande is glo stukkend gesteek. Hulle het hul ouers gaan haal en teruggekeer.
Marthinus het gesê net die drie verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem, maar die ondersoek duur voort.

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Wim sê... In die woorde van Eugene Marais:... di vyande van di Afrikaanse taal is Jingo-Afrikaners- mense so laag gevalle dat jy lus het om jou mond uit te spoel na jy hulle name noem. Ons het al baie slegte nasies en mense in ons tyd gesien, maar nog nooit iets lager of gemeener dan een Engels-gesinde Afrikaner wat sy moeder-taal di - taal deur sy vaders gesproke- verag." Daar is natuurlik ook die wat nie weet wie hulle pa was nie. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES-BENZ

A 180 ELEGANCE AT
2010
R 244,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.