Betogers kan troue ontwrig

2012-02-04 03:00

BLOEMFONTEIN. – Die troudag van die Springbokstut Jannie du Plessis kan ontsier word deur ’n massabetoging op die skilderagtige dorpie Clarens.

Du Plessis, ’n dokter, trou vandag met dr. Ronél Malherbe van Krugersdorp. Die twee het mekaar ontmoet toe hulle medies aan die Universiteit van die Vrystaat studeer het.

Sowat 600 gaste, onder meer byna die hele Springbokspan en die nuwe Bok-afrigter, Heyneke Meyer, woon die troue by.

Spelers soos Victor Matfield, Juan Smith, Pierre Spies, Heinrich Brüssow, die hele Haaie-span en hul afrigter, John Plumtree, sal ook daar wees.

Lede van die Concerned Citizens het vandag ’n vergadering, waarna hulle die dorp op horings wil neem.

Die ontevrede inwoners wil al die belangstelling vir die troue inspan om hul griewe aan die groot klok te hang.

Inwoners het kort ná Nuwejaar onrus, brandstigting en verwoesting gesaai

Hulle is ontevrede met hul ANC-raadslid, mnr. David Lengoabala. Hy is na bewering betrokke by tenderkonkelary, is agterstallig met betalings van munisipale heffings op sy huise en word beskuldig van baantjies vir ANC-boeties.

Die openbare beskermer, adv. Tuli Madonsela, het intussen begin met ’n ondersoek na Lengoabala en tender-ongerymdhede in die Dilhabeng-munisipaliteit.

Mnr. Lebohang Mokoena van die Concerned Citizens het gesê hulle is moeg vir Lengoabala “wat maak asof Clarens aan hom behoort”.

Lengoabala het op sy beurt gesê bewerings teen hom is kwaadwillige politiekery.

Du Plessis kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

TawwaTienie sê... Dit WAS n skildery - hoop die oorspronklike is iewers in n kluis\r\nHierdie mense vergeet gerieflik gou as moord liedjies gesing word of geld gesteel om mense van werk te beroof ONEE dis mos glad nie menswaardig of selfs grusaam vermoor te word nie! Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.