Beleggers kry dalk hul geld ná lang stryd

2011-11-17 00:00

Kaapstad

Duisende mense wat saam sowat R4,5miljard in die na­sionale eiendomsindikasie PICvest belê het en wag op laat rente-uitbetalings, kan moontlik binne dae betaal word.

Dit kan gebeur indien ’n lening van R21miljoen finaal deur RMB (RandMerchantBank) goedgekeur en uitbetaal word aan die nuut aangestelde besigheidsredding-praktisyn, mnr. Hans Klopper van Independent Trustees.

Landwyd kou tussen 18000 en 19000 beleggers al maande lank klippe nadat rente-uitbetalings van verskillende PICvest-maatskappye van ’n beloofde 12% tot 6,5% verminder is.

Hoewel die totale belegging in die sindikasie tot R4,6miljard kan wees, is die huidige markwaarde van die eiendom slegs R2,6miljard, het Klopper gesê.

Die verskil tussen wat belê is en wat die eiendom nou uiteindelik werd is, word opgemaak deur ’n kombinasie van faktore soos die eiendomsmark wat geval en tussengangers wat waarskynlik van die geld gekry het, asook bestuurspraktyke.

“Ek is baie bekommerd. Ek het R200000 belê. My vriend het amper R1miljoen belê,” het ’n inwoner van Worcester gister gesê.

Hy het vroeër vanjaar nog 12% rente gekry, maar dit is na 5% verminder en nou sukkel hy om enige geld te sien.

Agt sindikasie-maatskappye van PICvest – Highveld Syndication 15 tot 22 – is begin September onder besigheidsredding geplaas.

Klopper het gister bevestig dat hy aangestel is as die besigheidsredding-praktisyn en dat hy besig is om ’n lening vir R21miljoen by RandMerchantBank te finaliseer. Hy hoop om vandag, of op die laaste môre, die geld te kry sodat beleggers se rente uitbetaal kan word.

Klopper het gesê hy het tot 30 November uitstel gekry om ’n reddingsplan op te stel.

Die Georgiou-eiendomsgroep, met die eiendomsontwikkelaar mnr. Nic Georgiou aan die stuur van sake, en die PICvest-sindikasies word in samewerking bedryf.

Die sindikasies se eiendomme is almal van Georgiou gekoop.

Sake24 het voorheen berig dat ­Georgiou-beleggers nie net ’n gewaarborgde opbrengs (gewoonlik 10% tot 12%) beloof het nie, maar ook dat hy die eiendom ná vyf jaar teen ’n gewaarborgde prys sal terugkoop.

Hy het beleggers egter ­vroeër vanjaar ingelig dat hy die ooreenkomste nietig gaan verklaar en dat hulle ’n opbrengs van net 6,5% gaan ontvang.

Klopper is in dié stadium verseker dat die roete van besigheidsredding baie positiewer as ’n likwidasieproses is. “Daar is ruimte in die regstelsel vir besigheidsredding waar daar nog hoop is,” het hy gesê.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

TawwaTienie sê... Dit WAS n skildery - hoop die oorspronklike is iewers in n kluis\r\nHierdie mense vergeet gerieflik gou as moord liedjies gesing word of geld gesteel om mense van werk te beroof ONEE dis mos glad nie menswaardig of selfs grusaam vermoor te word nie! Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.