Behandelingsyfers vir vigs onbekend

2010-03-17 23:50

Kaapstad

Die provinsiale departement van gesondheid weet nie hoeveel gevalle van MIV-positiewe mense wie se CD4-telling getoets word opgevolg word met vigsbehandeling nie, “maar sal dit ondersoek”.

Mnr. Theuns Botha, provinsiale minister van gesondheid, het vandeesweek op die provinsiale parlementsitting gesê sy departement beskik nie oor die administratiewe en mensekapitaal om elke CD4-telling-toets op te volg nie.

Volgens me. Joselene Witbooi, ANC-LPP, keer byna die helfte van pasiënte wie se CD4-telling getoets word nie terug vir die uitslae nie en word talle dus nie deel van ’n behandelingprogram nie.

Dié toets is belangrik om vas te stel wanneer die pasiënt met vigsbehandeling moet begin. Die departement van gesondheid het met R38,3 miljard oor die volgende drie jaar die grootste hap uit die provinsiale begroting ontvang.

Die departement het ’n mikpunt gestel om die aantal mense wat vigsbehandeling ontvang van 68 000 tot meer as 90 000 in die huidige boekjaar op te stoot.

Die departement begin volgende maand met die implementering van sy nuwe beleid om behandeling te bied aan mense met ’n CD4-telling van 350 of minder.

Me. Helen Zille, die premier, het vroeër in haar openingsrede gesê die provinsie wil ook die vigsvoorkomssyfer in die provinsie van 16% tot 8% verlaag.

Maar vir eers weet die departement nie hoeveel pasiënte wat getoets word keer terug vir die toetsuitslae nie.

Botha het gesê tussen 6 000 en 7 000 uit elke 100 000 mense wat hier vir MIV/vigs getoets word, sal waarskynlik volgens huidige riglyne vir vigsbehandeling kwalifiseer. Volgens hom is 385 389 mense die afgelope nege maande in die provinsie vir MIV/vigs getoets.

“Dit is provinsiale beleid om aan te bied om ’n CD4-toets te doen sou die pa­siënt positief vir MIV/vigs toets. Die MIV/vigstoets kan onmiddellik met ’n vingerprik gedoen word, maar met die CD4-toets word bloed getrek en na ’n laboratorium gestuur. Uitslae is gewoonlik eers binne vier tot tien dae bekend.”

Hy het gesê een van die groot probleme is dat mense nie die omvang van die siekte verstaan nie.

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Penelope sê... Dis tog iets wat mens by die huis leer? Of een of ander tyd deur jou skoolloopbaan in 'n wiskundeklas? Dis skokkend. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

PL/SQL Oracle Developer

Midrand
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

MITSUBISHI

Pajero BK 3.8 GLS SWB 4x4 3-dr AT MY07
2007
R 219,990.00

KIA

K2700 Std Dsl MY04
2006
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.