Beast ‘is nie’n Springbok’

2009-11-14 00:13

Johannesburg

Die Springbok Tendai Beast Mtawarira mag nie vir die Springbokke speel nie, want hy moet, soos hy die reëls op die rugbyveld gehoorsaam, ook Suid-Afrika se landswette respekteer.

Só het die ministerie van sport en ontspanning gister in ’n galbraak-advertensie in ’n Johannesburgse dagblad gesê oor die herrie rondom dié stut. Mtawarira is ’n Zimbabwiese burger.

Die ministerie het in die advertensie gesê die kwessie het ’n si­tuasie blootgelê “waar sportadministrateurs duidelik nie Suid-Afrikaanse wette ken of dit bloot net nie respekteer nie”.

Die ministerie het bygevoeg geen sport kan groter as Suid-Afrika wees nie. “Kom ons neem ons land meer ernstig op. Net burgers van ’n land mag daardie land verteenwoordig.

“Die kwessie hier is nie sy nasionaliteit nie. Dit is sy burgerskap. Hy het nooit aansoek gedoen om Suid-Afrikaanse burgerskap of ’n paspoort nie,” lui die advertensie.

“Wat is verkeerd met van ons landgenote? Sportleiers behoort die eerstes te wees om te verstaan hoekom nasionale spanne nie buitelanders kan laat speel nie, ongeag hoe uitsonderlik hulle mag wees.

“Morné Steyn kan Nieu-Seeland nie verteenwoordig nie, Dan Carter kan Wallis nie verteenwoordig nie, Wayne Rooney kan nie vir Bafana Bafana speel nie.”

Mtawarira is in die vyftiental ingesluit wat gisteraand teen Frankryk gespeel het.

Die Springbok-spanbestuur wou nie kommentaar lewer nie.

“Ons kantoor in Kaapstad hanteer die aangeleentheid. Peter (de Villiers) wil nie hê dit moet die span se voorbereiding beïnvloed nie,” het die woordvoerder, mnr. Anthony Mackaiser, in Toulouse gesê. “Wat ons betref, is Beast in die span en hy sal die hele toer speel.”

Volgens hom was daar nooit enige twyfel dat Mtawarira nié sou speel nie.

Mnr. Rautie Rautenbach, vise-president van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru), het gesê dié sage beteken nie dat SA Rugby met die regering haaks is nie.

Daar is ook nie kwade gevoelens tussen SA Rugby en die sportministerie nie.

Mnr. Johan Prinsloo, SA Rugby se bedryfshoof, het gesê daar blyk ’n administratiewe misverstand te wees wat die hele sage veroorsaak het.

Volgens hom is wetgewing in 2007 goedgekeur wat Mtawarira se status beïnvloed het, iets waarvan SA Rugby nie bewus was nie.

“Ons het begrip vir die minister (mnr. Makhenkesi Stofile) se standpunt en respekteer dit,” het Rautenbach gesê.

Mtawarira se status is nie ’n probleem by die Internasionale Rugbyraad (IRR) nie omdat die IRR net ’n verblyftydperk van minstens drie jaar vereis voordat ’n speler vir enige land gekies mag word.

Me. Lerato Mogorosi, Stofile se woordvoerder, het gister gesê die regering kan nie aan Saru voorskryf wat om te doen nie, berig Liesl Peyper.

“Hulle het kennis geneem van die minister se verklaring, maar ons weet nie of dit eerbiedig sal word nie.”

- Die Burger

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Nolan sê... Sammy gaan tjorts in jou broek. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.