Allemintige styging in koste van tronk krap LP’s om

2010-02-10 05:24

Kaapstad

’n Reuse-styging van meer as R600 miljoen in die koste van die nuwe Kimberley-tronk, het parlementslede gister omgekrap.

Die koste van dié “nuwe generasie”-tronk wat 3 000 gevangenes kan huisves, het nie net van R250 miljoen tot R857 miljoen gestyg nie, die konstruksie daarvan is boonop met byna 11 maande vertraag.

Amptenare van die departement van korrektiewe dienste en die departement van openbare werke het gister ’n voorlegging oor die instandhouding van tronke aan die betrokke portefeuljekomitees in die parlement gedoen.

Mnr. James Selfe, DA-LP, het daarop gewys dat die konstruksie van die Kimberley-tronk aansienlik vertraag is en wou weet hoe dit die begroting beïnvloed het.

Mnr. Solomon Malebye, bedryfshoof van die departement van openbare werke, het gesê die koste van dié tronk is nou R830 miljoen.

Die finale infrastruktuurtoets is eergister deur die kontrakteur gedoen. Die tronk sal op 15 Februarie aan die departement oorhandig word.

Malebye het die vertraging toegeskryf aan onder meer swak weersomstandighede, beurtkrag, arbeidsonrus en ’n tekort aan sement en staal die afgelope twee jaar weens bouprojekte wat met die Wêreldbeker-sokkertoernooi verband hou.

Mnr. Albert Fritz, DA-LP, was duidelik gefrustreerd: “Ek wil weet: was dié vertraging bloot weens die staatsdiens se onbevoegdheid? Ek raak kwaad as ek hoor belastingbetalers se geld word so vermors. Kan u dalk ’n beter verduideliking verskaf?”

Malebye het geantwoord die styging in die koste van boumateriaal is ’n realiteit. “Die finale geskatte koste is R830 miljoen, maar ons is gister meegedeel die finale koste sal weens stygings, haakplekke en veranderinge R857 miljoen wees.”

Mnr. Vincent Smith, voorsitter van die portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste, het gesê dit kom neer op ’n styging van 260%. Nóg inflasie nóg ’n verhoging in die staalprys kan só ’n styging regverdig.

Hy is ondersteun deur mnr. Salamuddi Abram, ANC-LP, wat gesê het die staat moet dieselfde beginsels as die private sektor gebruik.

“Dit is kommerwekkend dat ’n styging van 260% vir die departement aanvaarbaar is. Dit is nie aanvaarbaar in die private sektor nie en behoort nie aanvaarbaar te wees in die openbare sektor nie.”

Mnr. Robert van Anraad, DKD-kommissaris van geriewe, het gesê die gebrek aan koördinering is dikwels, soos in die geval van die Kimberley-tronk, die oorsaak van vertragings.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Nolan sê... Sammy gaan tjorts in jou broek. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Fiesta Sedan 1.6 Ambiente
2011
R 169,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

BMW

525i E60 AT
2005
R 249,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.