Alle hel is glo los oor Amor se ‘skelmpie’

2010-08-09 22:46

Kaapstad

“Alle hel” het tussen die oud-Springbok Joost van der Westhuizen en sy vervreemde vrou, die sangeres Amor Vittone, losgebars.

Die vyandskap tussen die twee is só erg dat Van der Westhuizen sy twee kinders, Jordan (6) en Kylie (4), ’n week laas gesien het.

“Alle hel het tussen hulle losgebars,” het ’n bron na aan die egpaar gesê.

In nog ’n verwikkeling is dit gister aan Die Burger bevestig dat die geheimsinnige derde persoon wat met die egskeiding verbind word ’n man is en dat hy na bewering aan Vittone gekoppel word.

Ondanks bespiegelings die naweek dat Vittone by een of meer Suid-Afrikaanse sangers “aanlê”, is dit gister bevestig dat die man nié ’n Suid-Afrikaner is nie. “Hy is ’n buitelander, maar nie ’n Italianer nie.” Vittone is Italiaans.

Van der Westhuizen het tot baie onlangs nog, toe daar sprake was dat die egpaar hul huwelik wil red, sy twee kinders daagliks by die skool gaan aflaai en weer smiddae gaan oplaai.

Dit doen hy nou nie meer nie. Hy sit nie sy voete in die egpaar se spoghuis in Dainfern Valley in Johannesburg nie. Hy en Vittone praat geen woord met mekaar nie. Hy kontak sy kinders net per SMS.

Van der Westhuizen gaan steeds by ’n vriend tuis nadat hy die huis in Mei verlaat het.

Van der Westhuizen se prokureur, mnr. Robert Klinkenberg, wou gister nie inligting bevestig of ontken wat die bron bekend gemaak het nie.

“Ek kan wel bevestig dat daar ’n derde party in die hofstukke genoem word.

“Joost is baie bekommerd oor sy kinders en die feit dat hy hulle tans nie sien nie.”

Hy het gesê gesprekke sal vandeesweek voortgaan met die oog op ’n skikking.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
116 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

TawwaTienie sê... Dit WAS n skildery - hoop die oorspronklike is iewers in n kluis\r\nHierdie mense vergeet gerieflik gou as moord liedjies gesing word of geld gesteel om mense van werk te beroof ONEE dis mos glad nie menswaardig of selfs grusaam vermoor te word nie! Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.