‘Afrikaners het nog kwessies’

2009-11-09 01:38

Kaapstad

Prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, se versoeningsgebaar het gewys Afrikaners moet nog kwessies rondom versoening en skuld behoorlik binne ’n familieraamwerk deurtrap.

Só het dr. Fanie du Toit, uitvoerende hoof van die Instituut van Geregtigheid en Versoening, gister gesê.

Du Toit se uitsprake volg nadat Antjie Krog, bekende skrywer en digter, Bok van Blerk se liedjie “De la Rey” verdedig het.

Hy het gesê ’n deel van die dilemma is dat Afrikaners én wit Engelssprekende Suid-Afrikaners dié kwessies nog nie behoorlik hanteer het nie.

’n Uittreksel uit Krog se toespraak, wat sy vroeër by die Goe­the-instituut in Johannesburg gelewer het, is gister in die Sunday Times gepubliseer. Krog verwys in die toespraak na De la Rey as die “surrogaat-pa wat nie Afrikaners in ’n opmars lei nie, maar hulle eerder help om skuld te verwerk”. Volgens haar som Van Blerk die dilemma mooi op.

Dit is een waarin “ek nie my pa wat apartheid ondersteun, kan kritiseer nie, want ek sien hoe onseker is hy in ’n land wat hy nie meer verstaan of waarin hy welkom voel nie”.

“Ek kan nie die nuwe regering blameer nie, omdat ek verstaan hoe verpletterend rassediskriminasie in die psige van mense kan wees.”

Krog verwys hier na dubbele skuld. Sy het gesê die versoenende gebare van Jansen en oudminister Adriaan Vlok is voorbeelde van hoe daar seker gemaak word niemand spring skaamte of slagofferskap vry nie.

Sy het gesê Afrikaners leef intiem as ’n beskuldigde minderheid saam met die mense wie hulle vroeër mishandel het.

Volgens haar blyk die enigste opsie te wees vir Afrikaners om te sit en wag totdat dié vir wie hulle histories mishandel het, erger word as Afrikaners self en uiteindelik dié historiese behandeling kan regverdig.

Krog meen egter dit is noodsaaklik dat Afrikaners op ’n positiewe en eerbare manier in die herdefiniëring van hulself moet belê.

Volgens Du Toit is hierdie herdefiniëring van Afrikaners en hul rol in die nuwe samelewing uiters belangrik.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Penelope sê... Dis tog iets wat mens by die huis leer? Of een of ander tyd deur jou skoolloopbaan in 'n wiskundeklas? Dis skokkend. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 19-26°C Sunny. Mild. Pta: 18-30°C Mostly sunny. Warm.
Jhb: 16-28°C More sun than clouds. Mild. Bloem: 19-30°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-31°C Mostly sunny. Warm. PE: 20-25°C Showers early. Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

PL/SQL Oracle Developer

Midrand
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

MITSUBISHI

Pajero BK 3.8 GLS SWB 4x4 3-dr AT MY07
2007
R 219,990.00

KIA

K2700 Std Dsl MY04
2006
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.