Afrikaans is dood... vir staat

2012-02-02 00:00

KAAPSTAD. – Afrikaans se status as amptelike taal waarin na­sionale staatsdepartemente sake doen, is in die gedrang as die jongste weergawe van die Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse Tale aanvaar word.

Selfs in provinsies waar dié taal hoofsaaklik deur inwoners gepraat word, soos die Wes-Kaap en Noord-Kaap, sal nasionale staatsdepartemente drie tale moet gebruik – waarvan twee voorheen benadeelde Afrikatale moet wees.

Dit beteken die staatsdepartement moet tussen Afrikaans en Engels kies om naas twee benadeelde Afrikatale te gebruik.

In die oorgangsgrondwet is bepaal dat geen taal se posisie swakker mag wees as wat dit tevore was nie, maar daardie bepaling is nie in die Grondwet van 1996 opgeneem nie.

Die wetsontwerp is nog nie gefinaliseer nie. Dit word nog deur die parlementêre portefeuljekomitee oor kuns en kultuur gedebatteer en die DA het gister aangedui dat hy regsadvies hieroor gaan inwin.

“Ek is oortuig daarvan dat dit nie die grondwetlike toets sal slaag nie. Geen taal kan uitgesluit word nie,” het dr. Annelie Lotriet, DA-LP, gesê.

Sy het gesê Afrikaans kan deur dié klousule uit die taalbeleid uitgeskryf word. “Die taal wat deur die meeste inwoners in ’n provinsie gepraat word, kan uitgesluit word as departemente Engels as die verstektaal kies. Dit is kommerwekkend.”

Me. Thandi Sunduza, ANC-voorsitter van die komitee wat al verskeie kere haar irritasie uitgespreek het oor staatsdepartemente wat hoofsaaklik Engels gebruik terwyl net 8% van die bevolking Engels-eerstetaalsprekers is, het gesê: “So wat doen ons nou met Afrikaans? Ons wil juis ook probeer om ons ander Afrikatale te bevorder.”

Net twee provinsiale regerings, die Wes-Kaap en Limpopo, het hul eie taalwette.

Mnr. Sibusiso Xaba, direkteur-generaal van kuns en kultuur, het gesê staatsdepartemente kan ingevolge die wetsontwerp meer as die minimum van drie tale gebruik. Afrikaans kan maklik so hierby ingesluit word.

Prof. Danny Titus, voorsitter van die ATKV, het gesê: “’n Mens kan nie net die regte van mense wegneem nie. Dit sou dwaas wees.”

Die komitee vergader weer op 15Februarie om die wetsontwerp verder te debatteer.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
76 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Jacques sê... Hier kom die ware barbare nou uit, mooi so, wys vir die wereld dat julle n klomp bobbejane is! Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.