‘Afgryslike politieke bedrieëry’ in soeklig

2012-02-09 00:00

KAAPSTAD. – Beloofde beleggings van oorsese maatskappye wat staatskontrakte, soos die omstrede wapentransaksie, losgeslaan het, is gister in die parlement as ’n “afgryslike politieke bedrieëry” bestempel.

Tot 65000 werksgeleenthede sou deur die nasionale nywerheidsdeelnameprogram (NIPP), waarvan die wapentransaksie deel was, geskep word.

Die departement van handel en nywerheid (DTI) het egter gister aan die portefeuljekomitee vir handel en nywerheid in die parlement gesê slegs 21393 werksgeleenthede is geskep.

Ferrostaal, ’n Duitse maatskappy wat by die wapentransaksie baat gevind het, sou in ruil vir die transaksie €3miljard (R29,8miljard) in Suid-Afrika belê.

Mnr. David Maynier, DA-LP, het verwys na ’n verslag waarin die DTI te kenne gee dat Ferro­staal al sy beleggingsverpligtinge nagekom het.

’n Ander verslag oor ’n interne ondersoek na bedenklike betalings in Ferrostaal het egter getoon dat die maatskappy slegs 2%, naamlik €62miljoen (R616,8miljoen), van sy beleggingsverpligtinge nagekom het.

“Indien dit waar is, wil ek vra of die departement nie die parlement, komitee en publiek hieroor mislei het nie. Dit is ’n afgryslike politieke bedrieëry.”

Dié onthulling het sekere LP’s so opgewonde gehad dat mnr. Mario Ambrosini, IVP-LP, sy vrabeurt aan Maynier wou afstaan omdat dit “’n kwessie van nasionale belang” is.

Maynier het gesê deel van Ferrostaal se verpligtinge was om €300miljoen (R2,9miljard) in die produksie van die fliek Long Walk to Freedom te belê, maar teen Oktober verlede jaar is net €6miljoen (R59,6miljoen) belê en daar is nog geen fliek nie.

Mnr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het dié bedrag bevestig. Volgens mnr. Tim Harris, DA-LP, sou die transaksie ook ’n belegging van €501000 (R4,9miljoen) in ’n kondoomfabriek insluit.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Jacques sê... Hier kom die ware barbare nou uit, mooi so, wys vir die wereld dat julle n klomp bobbejane is! Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.