Aarto-verkeerswet sal van April geld

2012-01-19 02:07

JOHANNESBURG. – Die omstrede Aarto-verkeerswet word op 1April landwyd in werking gestel.

Dít was die boodskap wat die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) gister aan verkeersowerhede gegee het.

Mnr. Collins Letsoalo, waarnemende uitvoerende hoof van die RTMC, het egter geweier om te sê of dit met of sonder die gevreesde strafpuntstelsel is, wat bestuurders hul rybewys kan kos.

Die Wet op die Administratiewe Beregting van Verkeersmisdrywe (Aarto) is reeds op ’n proefgrondslag in Johannesburg en Pretoria in werking – sonder die strafpuntstelsel – en sal dus van 1April landwyd geld.

Die proeflopies is volgens betrokkenes ’n fiasko.

’n Poging om dit op 1Julie verlede jaar landwyd in te stel, is op die nippertjie laat vaar nadat die metroraad van Kaapstad met regstappe begin het.

Letsoalo het toe gesê dit is ­gedoen om te voorkom dat motoriste se rybewys weens administratiewe gebreke opgeskort word.

Mnr. J.P. Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het in reaksie daarop gesê tensy die vroeëre probleme opgelos is, sal Kaapstad die hof nader om Aarto te stuit.

“Aarto het ’n geweldig negatiewe impak op Johannesburg gehad. Padsterftes het toegeneem, terwyl dit twee jaar ná mekaar met meer as 10% gedaal het in Kaapstad, sonder Aarto.”

Smith is skepties oor of die probleme opgelos is, maar sal volgende week met sy Aarto-taakspan vergader, waarna oor stappe besluit sal word.

Mnr. Willie Spies, regsverteenwoordiger van AfriForum, het gesê dié organisasie vrees dat die toepassing van Aarto in dieselfde chaos kan ontaard as die Gautengse toldebakel, want daar is volgens hulle baie ondeurdagte aspekte in dié wet.

AfriForum sal eers oorweeg wat hom te doen staan, het Spies gesê.

Verskeie bronne binne verskeie verkeersowerhede het aan Die Burger gesê munisipaliteite is nie gereed vir Aarto nie.

Letsoalo het egter volgehou die owerhede is slaggereed. Hy was geïrriteerd omdat die inligting uitgelek het.

Volgens hom is die RTMC besig met voorbereidings vir ’n Aarto-spitsberaad in Februarie, waar­tydens die publiek ingelig sal word.

Die enigste uitstaande element voordat Aarto in werking kan tree, is volgens hom die gereedheid van die publiek.

As hy tevrede is dat die publiek weet wat Aarto behels, sal die wet landwyd uitgebrei word.


- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Jacques sê... Hier kom die ware barbare nou uit, mooi so, wys vir die wereld dat julle n klomp bobbejane is! Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Administrator - Cape Town

Cape Town, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Junior Developer - Sunninghill

Sunninghill, Sandton, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

IT Support Manager - Sunninghill

Sunninghill, Sandton, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.