ANC vies oor regter se ‘bruinkoevert’-beslissing

2012-02-09 00:00

KAAPSTAD.– Die ANC is “ernstig besorg en teleurgesteld” oor regter Bennie Griesel van die Wes-Kaapse hooggeregshof se beslissing om ’n ANC-verslag oor die sogenaamde “bruinkoevert”-skandaal bekend te maak.

Die Independent-mediagroep het ’n aansoek gebring om toegang tot ’n geheime verslag oor ’n ondersoek na mnr. Ebrahim Rasool, destydse Wes-Kaapse premier en deesdae Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, se betrokkenheid by die skandaal.

Twee joernaliste van die Cape Argus is glo ten tyde van Rasool se bewind betaal om gunstig oor hom te berig.

Griesel het Maandag bevind Rasool se aandeel moet weer ondersoek word en het die verslag by sy uitspraak aangeheg.

Dit het die ANC geskok, luidens ’n verklaring wat mnr. Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, uitgereik het.

Griesel het op 30 November gevra om die dokument te sien voor hy sy beslissing maak.

Die ANC sê hy het in goeder trou geglo net Griesel gaan die verslag sien en het ’n afskrif aan hom gegee.

“Die ANC was uiteraard geskok en onthuts toe regter Griesel voortgaan om ’n afskrif van die interne ANC-verslag by sy uitspraak aan te heg, pleks daarvan om die ANC te beveel om dit aan Independent Newspapers te verskaf,” lui die verklaring.

“Deur die verslag aan te heg, het regter Griesel inderdaad die ANC van sy grondwetlike reg tot appèl teen dié beslissing ontneem.”

Die ANC meen die korrekte benadering – “en die een wat ons van ons howe verwag om te volg” – sou gewees het om die ANC te beveel om die verslag aan die applikante te verskaf.

“Dit sou aan die ANC die geleentheid gegee het om sy reg tot appèl in dié sensitiewe en ingewikkelde kwessie uit te oefen,” het Mthembu voortgegaan.

“Die ANC glo die kwessie raak belangrike wetlike en grondwetlike beginsels rakende die reg tot privaatheid en toegang tot inligting aan.”

Die ANC gaan aansoek doen om verlof tot appèl teen die beslissing om “reg te maak wat ons glo ’n fundamenteel gebrekkige benadering is”.

Mthembu het ook gesê die ANC “herbevestig” sy “verbintenis tot regsoewereiniteit en re­spek vir die uitsprake van ons howe”.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Nuutste Nuus-kommentaar

Jacques sê... Hier kom die ware barbare nou uit, mooi so, wys vir die wereld dat julle n klomp bobbejane is! Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bloem: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Administrator - Cape Town

Cape Town, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Junior Developer - Sunninghill

Sunninghill, Sandton, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

IT Support Manager - Sunninghill

Sunninghill, Sandton, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Bantam 1.3i PU
2003
R 53,900.00

TOYOTA

Hilux 2.5 D-4D LWB Dsl PU MY05
2007
R 143,995.00

PEUGEOT

206 XT 2.0 HDi 5-dr Dsl
2006
R 120,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.