2012-05-22 00:00
’n Vrou van Somerset-Wes is raadop oor die 20 spoedboetes wat sy en haar man al gekry het vir ’n motor wat nie aan hulle behoort nie. Hilda Calitz het al verskeie verkeersdepartemente, asook die provinsiale owerhede, se hulp gevra om die probleem op te los, maar sonder enige sukses.
2012-05-22 00:00
Die ANC se reaksie op Brett Murray se skildery The Spear, waarin pres. Jacob Zuma met ontblote geslagsdele uitgebeeld word, “getuig van ’n baie oppervlakkige denkwyse”.
2012-05-22 00:00
Die ANC verstaan nie die bohaai oor lt.genl. Richard Mdluli nie, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gister gesê.
2012-05-22 00:00
Ná twee jaar en R500 000 se navorsing en konstruksie is alle ligte groen vir 14 ingenieurstudente en hul selfvervaardigde Formula-Student-renmotor.
2012-05-22 00:00
Die omstrede skildery waaroor pres. Jacob Zuma en die ANC vandag die Goodman-galery en City Press in die hof daag is nie net kru, onbeskof en disrespekvol nie, maar ook rassisties.
2012-05-22 00:00
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het sy ondersoek na die beweerde verkragting van ’n seun (16) op ’n rugbytoer voltooi.
2012-05-21 11:25
'n Kaapse blogger het met dié plan vorendag gekom sodat Suid-Afrikaners bietjie vir bietjie tot die stryd teen renosterstropery kan bydra.
2012-05-21 04:41
Waarskuwings dat die gewaagde skildery van Brett Murray wat pres. Jacob Zuma met ontblote geslagsdele uitbeeld dalk rassehaat kan aanwakker en stereotipes verdiep, het gister opgeklink.
2012-05-21 04:41
Die vakbond Solidariteit dien vandag namens vyf lede hofstukke in by die arbeidshof in sy aansoek teen die departement van korrektiewe dienste (DKD).
2012-05-21 04:41
Lt.genl. Richard Mdluli, die polisie se hoof van misdaadintelligensie, staan al hoe meer geïsoleerd – maar die juistheid van sommige bewerings in die ondersoek teen hom word sterk uitgedaag.
2012-05-21 04:41
Die eienaar van die Eihatsu Maru, die Japanse vistreiler wat verlede Saterdag aan die kus by Clifton gestrand het, is glo onderweg na Suid-Afrika.