Franse gevegskepe in Kaapstad:
Die Dixmude, ’n amfibiese aanvalskip en helikopterdraer, lê gister vasgemeer in Duncan-dok in die Kaapstad-hawe. Dié Franse skip het gisteroggend saam met die George’s Leygues, ’n teenduikboot-fregat (agter die Dixmude), hier aangekom. Die Dixmude is 199?m lank. Die skepe sal vir ses weke in die hawe wees. Foto: Michael Hammond
Foto's · Lesersfoto’s · Nuus in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou stories
2012-05-17 06:00
Die Stad Kaapstad is volstoom aan die gang om dienste in die dorpie Sir Lowry’s Pass ná verlede week se betogings reg te ruk. Kaapstad se burgemeester, Patricia de Lille, het Sondag op ’n gemeenskapsvergadering verskeie beloftes oor dienslewering gemaak wat reeds vandeesweek in werking sou tree.
2012-05-17 06:00
Daar was moontlik wedstrydknoeiery kort voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010, het die hoof van die Suid-Afrikaanse Sokkerfederasie (Safa) gister in die parlement gesê.
2012-05-17 06:00
Die Wes-Kaapse regering gaan Transnet hof toe vat oor die sloping van die ou stasiegebou op Bonnievale. Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, het dié stap gister as skandalig beskryf en gesê sy departement gaan regstappe doen.
2012-05-17 06:00
Seuns wat verkrag word, ervaar baie skuldgevoelens wat meebring dat hulle dikwels verkies om die voorval te verswyg, het die organisasie Rape Wise gesê.