|
|||||||||||
|
| VIND: |
![]() Suid-Kaap
NSRI-helde van die Suid-Kaap vereer
05/09/2008 08:08:44 PM - (SA)
Plettenbergbaai. – Lede van die Nasionale Seereddingsinstituut se stasies in die Suid-Kaap het onlangs erkenning gekry vir dapper pogings wat mense se lewe gered het.
Mnr. Deon Truter, die adjunkhoof van die stasie, en drie lede van sy span is op die NSRI se jaarvergadering vereer vir die wyse waarop hulle op 20 Augustus verlede jaar die lewe van twee Duitse kinders gered het.
Truter het die noodoproep gekry dat ’n toeris en sy twee seuns van 10 en 13 jaar besig is om by Keurboomstrand te verdrink. Hy is na die strand en het die twee seuns sowat 150 m diep sien spartel. Hy het ingeswem teen golwe van sowat 3,5 m hoog.
Die seuns was al 200 m diep toe hy hulle bereik het. Hy het hulle koppe bo die water gehou totdat me. Lisa Muller en mnr. Shaun McMillan hulle kon help.
Ander lede wat vereer is, is mnre. André Jerling, Stuart Brink, Graeme Watson, Lionel Woods en me. Sasha Hohenberger.
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |