|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
| VIND: |
![]() Suid-Kaap
Uitgerekte soektog na vermiste stapper in Outeniekwaberge gestaak
03/09/2008 09:01:06 PM - (SA)
Herold. - Die soektog na die bejaarde man wat tydens ’n staptog in die Outeniekwaberge weggeraak het, is finaal afgelas.
Mnr. Ray Flanagan (79), van Wildernis, ’n ervare stapper, het op 6 Augustus vermis geraak nadat hy van die Swart Arend-wandelpad afgedwaal het.
Sy donkerbril en pet is drie weke later naby ’n ou, toegegroeide paadjie naby die bolope van die Kaaimansrivier gevind.
“Twee lede van die brandweer het opnuut laag oor die gebied gevlieg waar die bril en pet gevind is en besluit die gebied is só onbegaanbaar dat dit sinloos is om verder te probeer soek,” het mnr. Gerhard Otto, hoof van Eden-rampbestuur, gesê.
Mnr. Drew Scott van Plettenbergbaai, wat die bergklub se soekers gekoördineer het, het gister gesê die klub en Wildernis-soek-en-redding van Kaapstad beplan om binnekort ’n kursus in die bestuur van so ’n soektog in dieselfde vallei aan te bied.
Supt. Wayne Venter van die George-polisie, wat die soektog van die begin af gekoördineer het, het gesê die soektog is afgelas. “Daar is ’n dossier vir ’n vermiste persoon oopgemaak en tensy daar nuwe leidrade gevind word, sal daar nie verder gesoek word nie.”
|
|||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |