Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 27º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Suid-Kaap
Oudtshoorn Toerismeburo skeur omdat munisipaliteit nie geld wil gee
03/09/2008 08:59:01 PM - (SA)

Oudtshoorn. - Ontevrede rolspelers hier in die toerismebedryf is van plan om ­vanaand weg te breek van die Oudtshoorn Toerismeburo (OTB) en ’n nuwe organisasie te stig.

Die nuwe organisasie sal as die Oudtshoorn-besoekersburo bekend staan en die stigtingsvergadering begin vanaand om 18:00 by die Protea Riempie-hotel.

Dit het ook gister bekend geword dat dié organisasie en die De Rust Toerismeburo op die OTB se algemene jaarvergadering, wat op 18 September gehou word, sal saamsmelt. Die nuwe organisasie sal bekend staan as Groter Oudts­hoorn Toerisme.

Dit is algemeen bekend dat die toerismebedryf hier in twee kam­pe verdeel is. Daar is groot ongelukkigheid oor onder meer die geld wat deur die munisipaliteit aan die OTB bewillig word.

Mnr. Nic Barrow, bekende sakeman van Oudtshoorn, het gister bevestig dat daar aan sulke planne gewerk word.

Hy het in Mei vanjaar skielik uit die OTB bedank en daar was toe al gissinge oor ’n nuwe organisasie.

Die OTB is verlede week geruk deur nog ’n bedanking toe mnr. Stefaan Virlinde, finansiële direkteur, die pad gevat het.

Barrow het gister gesê rolspelers in die toerismebedryf is keelvol vir die gesmeek om geld van die munisipaliteit.

“Die munisipaliteit laat ons voor geen ander keuse nie, omdat ons geen verder finansiële steun van die munisipaliteit kry nie.”

Hy het gesê die toerismebedryf in die gebied kan nie langer gyselaar gehou word deur politici en amptenare wat nie toerisme se belange voorop stel nie.

Toerismestudente van die Suid-Kaapse Kollege sal by die nuwe organisasie betrek word.

Die Seta-stelsel sal ook ingespan word om werklose mense vir die toerismebedryf op te lei.

Planne word reeds gemaak om die nuwe organisasie in kantore in die dorp te huisves waar die OTB op die oomblik is. Die OTB word gehuisves in ’n gebou wat aan Barrow behoort en hy het reeds vir hulle kennis gegee.

Volgens Barrow is daar heelwat steun vir die nuwe organisasie en OTB-lede het aangedui hulle gaan oorloop.

Die moontlikheid is nie uitgesluit nie dat die nuwe organisasie met die OTB sal saamwerk – spesifiek wat nasionale en internasionale bemarking betref.

Die OTB het gistermiddag in ’n verklaring gesê ’n dinkskrum gaan op 10 September gehou word. ‘n Sakeplan sal opgestel word.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |