Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Oos-Kaap
Wek van vrese oor Buchan is tragies – dominee
10/03/2009 11:38:46 PM - (SA)

Port Elizabeth. - Die opmerkings van ’n senior dosent aan die Universiteit van KwaZulu-Natal op ’n konferensie in Stellenbosch oor die leke-prediker mnr. Angus Buchan het wye reaksie uitgelok.

Dr. Sarojini Nadar het onder meer op dié tweedaagse konferensie getiteld “Die euwel van patriargie in die kerk, die maatskappy en politiek in Suid-Afrika” beweer dat Buchan se Mighty Men-saamtrekke “die nuwe weergawe van Afrikaner- hegemoniese manlikheid is wat aan’t kop uitsteek is”.

Volgens ds. Stephan Hoffman van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika in die Baai is die gedagte dat ’n dosent in die ­teologie ’n vrees by mense oor ’n sogenaamde filosofie van manlike oorheersing wil inboesem, eintlik tragies.

“In ’n land waar daar werklike vrese ten opsigte van fisieke geweld, moord en verkragting bestaan, is dit onnodig om na nog iets te soek om mense mee bang te maak. Ek het gedink ons is al verby die tyd dat teologie onproduktief en bloot reaktief handel oor al die slegte dinge en potensiële gevare wat met angs en bewing vermy moet word.

“Wat van die hoop, liefde, gemeenskap en opbouende gevolge wat Buchan se boodskap meebring?”

Hoffman se stelling word beaam deur ds. Johan Smit van die NG Moedergemeente in Cradock, wat self die Mighty Men-konferensie verlede jaar op Buchan se plaas in Greytown bygewoon het.

“Mense moet onthou hy is nie ’n teoloog nie. Hy is ’n boer. Sy formules is dus nie altyd weldeurdag nie en sy aanbieding daarvan kom nie verpak met ’n netjiese strikkie nie.

“Die kernwaardes wat hy verkondig, is egter van kardinale belang, want hy spreek pa’s aan en omtrent 75% van gesinsprobleme is deesdae ’n pa-probleem.”

Eerw. Luyanda Tuku van die St. Mary’s Anglikaanse kerk in die Baai was heel diplomaties in sy antwoord: “Ek het al van die Mighty Men-saamtrekke gehoor, maar het nog nie self een bygewoon nie. Maar as dit van God afkomstig is, sal dit toeneem in sukses en omgekeerd.”

Buchan was gister weer nie vir kommentaar beskikbaar nie.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |