|
|||||||||||
|
| VIND: |
![]() Pres. Thabo Mbeki besoek môre die Baai as gasspreker by die eerste Raymond Mhlaba gedenklesing by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit. Foto: MLANDELI PUZI
Oos-Kaap
Mbeki lewer gedenklesing in Baai
21/08/2008 01:12:47 AM - (SA)
Port Elizabeth. – Pres. Thabo Mbeki sal môre die eerste Raymond Mhlaba-gedenklesing by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) hier lewer.
Die lesing, gereël deur die universiteit se departement van publieke administrasie, is vernoem na die ontslape apartheidstryder en voormalige Oos-Kaapse premier wat alom as “Oom Ray” bekend gestaan het.
Mhlaba is in 1964 tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis en is ná 25 jaar se tronkstraf in 1989 saam met oudpres. Nelson Mandela vrygelaat.
Volgens mnr. Pieter Swart, direkteur van bemarking en korporatiewe betrekkinge van die NMMU, het Mhlaba in 2002 ’n eredoktorsgraad by die ou Port Elizabeth Technikon ontvang.
“Hy het ook ’n eredoktorsgraad van die universiteit ontvang, maar dit is postuum aan hom toegeken nadat hy op 20 Februarie 2005 weens kanker gesterf het.”
Lede van die publiek, studente, personeel en gaste kan die gedenklesing bywoon wat om 11:00 in die Goldfields-ouditorium op die noordkampus in Somerstrand begin.
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |