Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
566 dae tot afskop
2010
WEER Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY GLITZ VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Oos-Kaap
Steytlerville se water ‘proe bitter en krioel met klein goedjies’
21/08/2008 01:13:16 AM - (SA)

Port Elizabeth. - Steytlerville se water krioel met “klein goedjies” en proe bitter. ­Inwoners kla al drie maande lank oor die swak gehalte van die drinkwater, maar sê hul klagtes val op dowe ore.

Selfs gerugte dat mense maagprobleme en diarree ondervind, het die owerhede glo nog nie tot optrede aangespoor nie.

Volgens mnr. Nkoleko Petros, ’n assistent by die dorp se regshulpsentrum, kan hulle nie eers koffie maak met die water nie.

“Die water proe aaklig en dit veroorsaak regtig maagprobleme. Ons ervaar dit al vir ’n paar maande, maar niemand het nog enigiets daaraan gedoen nie.”

Petros sê hy het die probleem in Mei op ’n infrastruktuur-beplanningsvergadering onder die aandag van die Baviaans-munisipaliteit gebring. “Hulle het my belowe dat dit net vir ’n paar weke sal duur, maar die water is nog steeds dieselfde.”

Volgens mnr. Bennie Arends, tegniese bestuurder van die munisipaliteit, is daar niks fout met die watergehalte nie.

“Die water word elke maand getoets en die resultate is altyd gunstig. Ons water is die laaste tyd ’n bietjie bruin, maar dit word veroorsaak omdat ons al die pypleidings in die gebied vervang.”

Hy sê vanaf Julie word die water met chloor behandel om sodoende enige kieme dood te maak. “Die mense is nie gewoond aan die chloor nie, so ek dink dit is waaroor hulle kla.”

Petros voel egter dat die munisipaliteit net verskonings maak.

    
VIND
Braai-eenhede
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Braai-eenhede
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |