|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
| VIND: |
![]() Digte rook het gister in die Baaise middestad gehang en talle ondernemings is weens die brand gesluit. Foto: charles pullenBrandweermanne het deur die nag die brand, wat by Mr. Crazy begin het, onder beheer gehou, maar dit het gister opgevlam. Foto: sergio baartzes
Oos-Kaap
Skade ‘kon beperk word as
21/08/2008 01:11:16 AM - (SA)
Port Elizabeth. - “Die hele gebou en alles daarin is in sy peetjie in verbrand. Dit is heeltemal verwoes.”
Só het me. Philinda Reid, ’n sekerheidsbeampte van Omega Risk Solutions, die verwoestende brand in die middestad beskryf.
Reid het gesê die klerasie van die vier winkels in die Ou Greaterman’s-gebou is heeltemal verwoes. “Daar hang nog ’n bietjie klere in exact!, maar daar is oral brandmerke aan.”
’n Bouer wat in Govan Mbeki-rylaan werk, meen die brandskade kon verhoed gewees het as winkels betyds ontruim is. “Hulle het geweet daar is ’n goeie kans dat die brand na hulle kon versprei, maar het niks gedoen om dit te verhoed nie.”
Talle winkels in die gebied moes noodgedwonge gesluit word. Mnr. Baxolise Tukani, ’n werker van Pep oorkant die gebou, moes gister saam met medewerknemers buite die winkel staan en wag omdat hulle glo nie deur hul werkgewer toegelaat is om huis toe te gaan nie, maar ook nie in die winkel kon kom nie. “Die rook het in ons winkel in geborrel en die klere in die pakkamer bo kan nooit verkoop word nie,” het hy gesê.
Van die winkeleienaars is ontevrede oor die optrede van die brandweer. “Hulle kon ’n helikopter kry om water van bo op die gebou te gooi,” het mnr. Zakir Bhayat, eienaar van die nabygeleë Fashion World, gesê.
|
|||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |