Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 27º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Miljoene rande se skade is die gevolg van ’n brand wat al twee dae in die Baaise middestad woed.Foto: CHARLES PULLEN
Miljoene rande se skade is die gevolg van ’n brand wat al twee dae in die Baaise middestad woed.   Foto: CHARLES PULLEN
Oos-Kaap
Reuse-brand laat middestad stilstaan
21/08/2008 01:10:45 AM - (SA)

Port Elizabeth. - Die Baaise middestad is gister tot stilstand geruk toe ’n verwoestende brand wat Dinsdagoggend in die Ou Greaterman’s-gebou uitgebreek het oornag opgevlam en nóg ondernemings verswelg het.

Daar is gevrees dat die gebou weens die aard van die skade inmekaar sou stort.

Die intense hitte van die brand het talle mure, ook by die aangrensende gebou in Kempstraat, gister plek-plek laat oopbars en losbreek. Dit huisves ook winkels en stoorkamers. Die 22 brandbestryders aan diens het die gebou natgespuit om ’n verdere brand daar te probeer voorkom.

Noodpersoneel het omliggende winkels gedwing om te sluit weens die rook wat uit die brandende gebou geborrel en ’n rookwolk oor die middestad gevorm het, wat laataand nog sigbaar was.

Die brand het in die snuisterye-winkel Mr Crazy ontstaan en na drie groot winkels in die gebou versprei nadat ’n houtdeur in die gebou vlamgevat het, het mnr. Lourens Schoeman, munisipale woordvoerder, gesê.

“Die brand is verder aangehits deur oorvol pakkamers propvol hout en klere, en vensters en deure wat met bakstene toegebou is.”

Van die omstanders was ontevrede met die brandweer se hantering van die situasie omdat hulle “net van buite water spuit en nie in die gebou ingegaan het nie”.

Mnr. André de Ridder, direkteur van die metro se brandweer- en nooddienste, het egter verduidelik die veiligheid van brand­bestryders kom altyd eerste.

Mnr. Johan Augustyn, eienaar van die ingenieursfirma JA Engineering, het gesê die brandende gebou sal beslis gesloop moet word, berig Samantha van den Berg. “ ’n Gebou wat al vir twee dae brand het nie ’n kans op oorlewing nie.”

Me. Lynn van Niekerk, eiendomsbestuurder vir die eienaar van die gebou – na verneem word dr. S. Bemath – het gesê die redes waarom die gebou se brandsproeiers nie aangegaan het nie, word ondersoek. Die oorsaak van die brand is steeds onbekend.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |