Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 27º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nie ’n welkome gesig vir misdadigers nie: kapt. Jackie Grobler (48) en insp. Theo Scholtz (40) van die Humewood-speurtak. Hulle het al verskeie misdadigers vasgetrek.Foto: WERNER HILLS
Nie ’n welkome gesig vir misdadigers nie: kapt. Jackie Grobler (48) en insp. Theo Scholtz (40) van die Humewood-speurtak. Hulle het al verskeie misdadigers vasgetrek.   Foto: WERNER HILLS
Oos-Kaap
Moordenaars se moses
20/08/2008 01:48:20 AM - (SA)

Port Elizabeth. - “Daar is niks lekkerder om iemand te soek wat dink hy gaan wegkom nie,” vertel insp. Theo Scholtz (40), wat onlangs saam met kapt. Jackie Grobler (48) gesorg het dat twee moordenaars lewenslank agter tralies gaan sit.

Dié speurders, van die Humewood-speurtak, het die Bethelsdorp-polisie gehelp met ’n ondersoek na die moord en kaping van mnr. Ray Saterdag (19), wat in Mei 2006 in sy voertuig doodgeskiet is. Die speurders het vier mans in hegtenis geneem, maar net Zandile Mawata (23) is Vrydag lewenslange tronkstraf opgelê.

Dié speurspan het nog ’n saak ondersoek waarin Stembile Msu­twana (35) in hegtenis geneem is vir die moord op me. Lizbé Calitz (43), wat in Augustus 2007 buite haar werk in Sentraal doodgeskiet is. Msutwana is ook Vrydag lewenslange tronkstraf opgelê.

Volgens Grobler is dit al sy sewende saak vanjaar wat op lewenslange gevangenisstraf uitgeloop het. “Dit is wonderlik om ’n moordsaak op te los, want die oorlede persoon is nie daar om te praat nie, so ons moet hom verteenwoordig.”

Wanneer dié pa van drie gevra word oor sy besluit om ’n polisiebeampte te word, praat hy met trots oor ’n polisieman, met sy blink skoene en mooi uniform, wat hom as jong seun gehelp het. “Ek was ses jaar oud en ’n ou het my met sy fiets omgery. ’n Polisieman het my opgehelp, en dit het so ’n groot indruk op my gemaak.”

Grobler was ook deel van Operasie Scotch, waar hulle ’n wapensindikaat in Mosambiek geïnfiltreer het. “Om ’n moord te ondersoek sit nie in enige ou se broek nie, maar ek het saam met goeie polisiemanne gewerk.”

Scholtz is net so passievol oor sy werk en voel dit was bestem dat hy ’n speurder moes wees.“Ek bekommer my net soms oor my familie en wat met hulle kan gebeur.”

Dié pa van twee wou ook van kleins af ’n speurder wees.

“Die ongereelde ure maak dinge net moeilik, want my vrou is maar lekker bang, maar dit is ongelooflik om ’n moord op te los.”

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |