|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
| VIND: |
![]() Oos-Kaap
Vermeende lede van bende aangekeer
20/08/2008 01:42:46 AM - (SA)
Port Elizabeth. – Die “15 Niggers”-bende, wat hom veral toespits op gewapende rooftogte, is besig om sy rieme styf te loop met die polisie in die Duncan Village-woonbuurt in Oos-Londen, sê kapt. Stephen Marais, ’n polisiewoordvoerder.
Vyf vermeende bendelede is gister in die vroeë oggendure in Duncan Village aangekeer.
“Die Duncan Village-polisie en die Oos-Londense blitspatrollie en honde-eenheid het kort na middernag inligting opgevolg en op drie huise in die woonbuurt toegeslaan,” het Marais gesê.
“Die inligting het aangedui lede van die bende, wat in die naweek in ’n gewapende roof betrokke was, kruip in die huise weg.”
In die eerste huis is ’n 27-jarige man aangekeer en is daar beslag gelê op twee ongelisensieerde 7.65 mm-pistole.
Daarna is ’n 19-jarige man in ’n ander huis in hegtenis geneem. Hy was in besit van dagga en is ook vermoedelik ’n lid van die bende.
Nog ’n vermeende bendelid is in ’n derde huis ook in die besit van dagga betrap. Volgens Marais is nog twee vermeende bendelede later aangekeer.
“Hulle word gesoek vir oortredings soos poging tot moord, gewapende roof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en die rig van ’n vuurwapen.” –
|
|||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |