Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 27º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
(vlnr) Sers. Samson Nazo en studente knst. Luxolo Mvambo, van die Blouwater Polisiekantoor in Oos Londen by dele van ’n trekker wat sonder toestemming van plaas Fernville verwyder is.  Foto: verskaf
(vlnr) Sers. Samson Nazo en studente knst. Luxolo Mvambo, van die Blouwater Polisiekantoor in Oos Londen by dele van ’n trekker wat sonder toestemming van plaas Fernville verwyder is.     Foto: verskaf
Oos-Kaap
Vrou in hof nadat sy glo trekker op plaas vir skrootmetaal opsny
16/08/2008 01:25:39 AM - (SA)

Port Elizabeth. - ’n Vrou wat na bewering ’n trekker op ’n verlate plaas vir skrootmetaal opgesny en weggery het, het gistermiddag in die Oos-Londense landdroshof verskyn.

Mev. Magda Muller (27) van die Gunobie-woonbuurt het die plaas na bewering Woensdag en Donderdag besoek en sonder toestemming dele van die trekker begin wegry.

Die plaas, Fernville, was glo ’n tyd lank verlate. Intussen het die eienaar besluit om die ou plaashuis af te breek en die plaas op te knap. ’n Isuzu-bakkie en ’n trekker, wat glo nog herstel kon word, het op die plaas gestaan.

Volgens kapt. Steven Marais, ’n polisiewoordvoerder, het die trekker die afgelope twee dae stuk vir stuk verdwyn.

“Die plaaswerkers is glo al die hele week besig om herstelwerk op die plaas te doen, en dit is hulle wat Muller Woensdag die eerste keer gewaar het.”

Volgens Marais het die plaaswerkers die wit Daihatsu-bakkie eerste opgemerk, waarna hulle Muller met ’n vlamsnyer die trekker sien opsny het.

“Die werkers het glo aangeneem dat die plaas­eienaar haar toestemming gegee het.”

Die voorman het kort daarna by die plaas aangekom en Muller met die metaal sien uitry, waarna hy haar agternagesit het en die polisie gebel het.

Volgens Marais het hulle dele van die trekker op Muller se bakkie gekry. “Sy is in hegtenis geneem.”

Die polisie het beslag gelê op die skroot asook die voertuig. Muller is by die Blouwater-polisiekantoor aangehou. “Sy het aan die polisie gesê sy was onder die indruk dat die eienaar al in 2000 oorlede is en dat enigiemand iets op die plaas kon vat,” sê Marais.

Muller is aangekla vir die besit van vermoedelike gesteelde eiendom.

Teen druktyd was dit nie bekend of sy op borgtog vrygelaat is nie.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |