Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Leon Schepers. Foto: GARNETT WICOMB
Leon Schepers.    Foto: GARNETT WICOMB
Oos-Kaap
Nóg ’n Oudtshoorniet na Beijing vir Spele
16/08/2008 01:22:48 AM - (SA)

Oudtshoorn. – Die fietsry-afrigter Leon Schepers (50) van Volmoed het pas Beijing toe gevlieg waar hy sy twee bergfietsryers, die Suid-Afrikaanse vrouekampioen, Yolande Speedy, en Barry Stander, die Suid-Afrikaanse o.23-kampioen, in die bergfietswedren gaan bystaan.

Stander en Speedy is uit ’n oefengroep van agt gekies wat in Oktober verlede jaar vir ses weke ’n toer in Europa onderneem het waar hulle onder meer aan ’n wêreldbyeenkoms deelgeneem en volgens Schepers goeie pre­stasies behaal het.

Suid-Afrika moes volgens Schepers kwalifiseer om na die Olimpiese Spele te gaan.

Bergfiets- en BMX-items is twee van die nuwe sportsoorte wat vanjaar vir die eerste keer by die Olimpiese Spele aangebied word.

“Ek is seker ons gaan met ’n medalje of twee huis toe kom,” het Schepers Woensdag voor sy vertrek gesê.

Die bergfiets-items word op 22 en 23 Augustus gehou en die BMX-wedrenne die volgende dag.

Daar is geen uitdunne nie.

“Dit is ’n uitmergelende wedren en daarom is daar geen uitdunne nie,” het Schepers gesê.

Volgens hom neem dit sowat sewe dae om by die klimaat aan te pas en daarom het die twee spanne vandeesweek vertrek.

Schepers is lid van die Oudtshoorn-fietsryklub en woon die afgelope ses jaar naby die Highgate-volstruisplaas.

Die fietsrygogga het hom meer as 30 jaar gelede gebyt en hy rig reeds 15 jaar lank af.

Hy het in Kanada studeer om afrigter te word.

In Australië het hy gaan kyk hoe lyk hul oefenkampe en het hy saam met die voorste Australiese afrigters gewerk.

Sedert 2004 is hy ’n heeltydse beroeps-fietsryafrigter.

Hy is in 2006 as nasionale bergfietsafrigter aangestel.

Die naelloper Isabel le Roux is Oudtshoorn se ander inwoner wat in Beijing is.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |