Webwerf Foto's
Argiewe Netads
06/01/2009 01:37:19 PM - (SA)
“As dit yskoud buite is, moet jy maar binne-dinge doen...” Wêreldburgers stuur hul foto’s aan Die Burger.
Wêreldburger-blog
WEER » Kaapstad 20º / 27º | Worcester 18º / 33º | George 19º / 31º | Port Elizabeth 20º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY KERSFONDS FOTO-KOMPETISIE VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Dié pikkewyne is onlangs in die pikkewynrehabilitasiesentrum Ajubatus in Kaap St. Francis gerehabiliteer. Foto: DEON FERREIRA
Dié pikkewyne is onlangs in die pikkewynrehabilitasiesentrum Ajubatus in Kaap St. Francis gerehabiliteer.    Foto: DEON FERREIRA
Oos-Kaap
Voëlmalaria ’n gevaar, sê kenners
14/08/2008 04:37:18 PM - (SA)

’n Private pikkewyn-rehabilitasiesentrum van R8,1 miljoen wat vir die Kaap Recife-natuurreservaat in dié stad beplan word, laat seevoëlkenners frons. Kundiges vrees dat pikkewyne wat in die sentrum behandel word deur dodelike voëlmalaria besmet en dan as draers van dié siekte in die see vrygelaat kan word.

’n Studie wat in Januarie en Februarie 2004 uitgevoer is deur mnr. Albert Schultz, van die Universiteit van Kaapstad, toon hoewel daar betreklik min malariamuskiete in die omgewing is, is 87,3% van die voëls met voëlmalaria besmet.

Die simptome van voëlmalaria is onder meer anoreksie en braking en in die ergste gevalle ’n skielike dood, sê me. Venessa Strauss, rehabilitasiebestuurder van die Suider-Afrikaanse Stigting vir die Beskerming van Kusvoëls, in Kaapstad.

Juis omdat voëlmalaria so algemeen onder wilde voëls in dié gebied voorkom, het dit vir me. Robin Greyling, ’n kenner van mariene soogdiere en seevoëls by die Bayworld-oseanarium, nie sin om ’n rehabilitasiesentrum daar te bou nie.

“ ’n Groot aantal van die wilde voëls in die omgewing het reeds voëlmalaria; so, die kans is bitter goed dat die pikkewyne in die sentrum ook besmet gaan word.”

Ook me. Trudie Malan, van die Ajubatus-pikkewynrehabilitasiesentrum in Kaap St. Francis, sê pikkewyne kan nie in Kaap Recife gerehabiliteer word as voëlmalaria hul toestand gaan vererger nie.

Die sentrum gaan gebou word danksy ’n skenking van R8,1 miljoen wat Samrec in 2003 van die Uthingo-trust ontvang het. Bouwerk aan die sentrum sal eersdaags begin.

Me. Libby Sharwood, bestuurder van die Suid-Afrikaanse sentrum vir mariene rehabilitasie en opvoeding (Samrec), was duidelik omgekrap toe Die Burger haar om kommentaar genader het.

“Nog voordat ons dit oorweeg het om die sentrum op te rig, het ons baie navorsing gedoen, veral oor voëlmalaria. Oor twee maande (in die malaria-tydperk) is net 26 muskiete gevang, wat beteken die muskiete kom eintlik glad nie daar voor nie.

“Ons kry dikwels pikkewyne in die see wat voëlmalaria het. Hulle moet dit iewers anders optel, want op die oomblik is daar geen pikkewyne by Kaap Recife nie,” het Sharwood gesê.

Sy meen Samrec is deeglik bewus van moontlike gevare in die omgewing, en het verskeie voorsorgmaatreëls getref as die situasie sou vererger.

Sharwood het weer die behoefte aan só ’n rehabilitasiesentrum in die Baai beklemtoon. “Op die oomblik moet siek pikkewyne in ’n motor tot by Kaap St. Francis (se rehabilitasiesentrum) vervoer word. Dít plaas baie spanning op die pikkewyne en is glad nie goed vir hulle nie.”

Greyling meen egter die rehabilitasiesentrum in Kaap St. Francis is voldoende vir die omgewing. Voëlmalaria verskil van die malaria wat mense besmet, sê sy.

    
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
Kyk terug na 2008
“Met al die opgewondenheid oor die Proteas se asemrowende reeks-oorwinning ‘down under’, het ek vinnig teruggekyk na verlede jaar...” skryf Kevin D op die Aussieboer-blog.
Aussieboer-blog
Leefstyl soek mooiste bruidspaar
Onthou, as jy nie inskryf nie, het jy nie ’n kans nie en loop jy groot pryse mis. Dit sluit kookware, ’n bederf, ’n naweek weg en ander pryse in.
Skryf in
519 dae
tot afskop
2010
VIND
Reis & Verblyf
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |