Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
566 dae tot afskop
2010
WEER Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT OOS-KAAP SUID-KAAP VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
BUITELAND VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL
GESONDHEID REIS LANDBOU BY GLITZ VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Die nuwe wêreldkampioen in padwedrenne, Italië se Alessandro Ballan, jaag triomfantelik oor die wenstreep.Foto: ALESSANDRO GAROFALO, REUTERS
Die nuwe wêreldkampioen in padwedrenne, Italië se Alessandro Ballan, jaag triomfantelik oor die wenstreep.   Foto: ALESSANDRO GAROFALO, REUTERS
Sport
Italianer weer kampioen;plaaslike jaers ontstoke
29/09/2008 12:45:48 AM - (SA)

Kaapstad. - Italië het gister vir die derde jaar agtereenvolgens padfietsry se wêreldkampioen opgelewer.

Alessandro Ballan het by die tweemalige verdedigende kampioen Paolo Bettini oorgeneem toe hy in Varese, Italië, eerste oor die wenstreep gejaag het.

Nóg ’n Italianer, Damiano Cunego, was tweede met Matti Breschel van Denemarke wat die bronsmedalje verower het.

Nie een van die Suid-Afrikaners het dié wedren voltooi nie.

) Intussen heers daar groot ontevredenheid onder plaaslike fietsryers.

Drie groepe is in gister se wedren in Durbanville – die derde in die Lenteliga – gediskwalifiseer.

Die elite, veterane én vroue se wedrenne is gekanselleer nadat jaers oor die witlyn en aan die regterkant van die pad gery het.

Vir die organiseerder van dié wedren, Liné Griffiths, was dit ’n groot teleurstelling ná baie harde werk.

“Weet jy wat die slegste is? Ons sukkel reeds so om borge te kry vir wedrenne en dan gebeur só iets.

“Ons vra borge om te pryse te oorhandig by die prysuitdeling en dan is daar omtrent nie eens ’n prysuitdeling nie,” het Griffiths gesê.

Die groot probleem lê skynbaar daarin dat die fietsryers en wedrenkommisarisse dié omstrede witlyn-reël met diskresie wil toepas, terwyl die Trapkragvereniging niks daarvan wil weet nie.

Tans is daar groot vrese dat borge – van spanne én die wedrenne – heeltemal gaan onttrek weens al dié probleme.

’n Borg soos Daikin-GU het gister ’n lelike bloutjie geloop. Van sy drie spanne is twee se wedrenne gekanselleer.

    
VIND
Braai-eenhede
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Braai-eenhede
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |