Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Die Britse renjaer Lewis Hamilton sit voet in die hoek tydens gister se oefenronde op die Hungaroring-baan voor môre se Hongaarse Grand Prix. Foto: LEONHARD FOEGER, REUTERS
Die Britse renjaer Lewis Hamilton sit voet in die hoek tydens gister se oefenronde op die Hungaroring-baan voor môre se Hongaarse Grand Prix.    Foto: LEONHARD FOEGER, REUTERS
Sport
Hamilton jag driekuns in Hongarye
01/08/2008 07:49:27 PM - (SA)

Boedapest. – Lewis Hamilton voel ná agtereenvolgende oorwinnings op Silverstone en Hockenheim gemaklik oor sy kanse in môre se Hongaarse Grand Prix.

Volgens dié Brit, wat die voorloper op die Formule Een-punteleer is, het daardie seges gehelp om sy kop “vry” te laat voel in sy jaagtog na sy derde agtereenvolgende oorwinning.

“Die verskil is wanneer jy ’n swak naweek beleef het en dan dink jy ‘goed, kom ons begin oor’ en jy probeer om nie weer dieselfde foute te maak nie,” het Hamilton gesê.

“Maar as jy gewen het, het jy nie sulke gedagtes nie. Jy beplan om net presies dieselfde dinge weer te doen. Jy het nie enige onsekerheid in jou agterkop nie.”

Hamilton kan die eerste renjaer sedert Michael Schumacher in 2006 word om drie Grand Prix’s ná mekaar te wen.

As hy dit regkry, sal hy ook die eerste Brit sedert Damon Hill in 1996 wees wat daarin kon slaag.

“Dit is nie vir my belangrik nie,” het hy gesê. “Natuurlik sal ek daarvan hou om die momentum wat ek het te behou, maar my mikpunt vir dié naweek is net om soveel punte in te samel as wat ek kan.

“As ons die motor het om te wen, sal ek dit probeer doen, maar anders sal dit net lekker wees om op die podium te kom.”

Hamilton se voorbereidings het ’n hupstoot gekry met die ankondiging dat sy McLaren-spanmaat Heikki Kovalainen vir nog ’n jaar by dié span geteken het.

Hamilton het gesê Kovalainen se bydrae het sover vanjaar gehelp om ’n kalmer atmosfeer as verlede jaar te skep.

Verlede jaar is die span deur sy betrokkenheid by ’n spioenasie-skandaal en die onmin tussen Hamilton en sy spanmaat Fernando Alonso ontwrig.

Verlede jaar se wedren in Hongarye was ’n onaangename tydperk vir McLaren met Alonso wat Hamilton se weg tydens die kwalifiserende ronde in die kuipe versper het.

“Dinge verloop vanjaar baie gladder, dis ’n aangename atmosfeer en dit is hoe dit moet wees,” het Hamilton gesê.

Hamilton het verlede jaar wel dié wedren gewen ná Alonso uit die eerste plek by die wegspring na die sesde gestraf is.

“Ek dink ons is as ’n span beter geplaas om vanjaar die kampioenskapsreeks te wen. Ons het nie onnodige bagasie op ons skouers nie en ek het ’n goeie verhouding met my spanmaat, wat help,” het Hamilton gesê.

TV: Môre 13:30 op SS 2 op DStv.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |