Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
566 dae tot afskop
2010
WEER Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SPORT  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Sport
Drienasies: Bokke sal moet diep dink oor spankeuse
07/07/2008 12:13:19 AM - (SA)

Die Springbokke en All Blacks is albei sleutelspelers kwyt vir Saterdag se Drienasies-rugbytoets op Carisbrook in Dunedin.

John Smit, haker en kaptein van die Bokke, se lies was gister baie seer ná die naweek se nederlaag van 8-19 en dis hoogs onwaarskynlik dat hy fiks sal wees om die Kiwi’s die komende naweek die stryd aan te sê.

Op sy beurt is die Nieu-Seelandse slot Brad Thorn vir een week geskors vir die voorval wat Smit se besering tot gevolg gehad het.

Smit is, nadat die fluitjie geblaas het, deur Thorn omgedop.

Die Kiwi-hemelbesem het om verskoning gevra, maar die skade is aangerig. Hy het die prys van ’n skorsing van een week vir “onsportiewe gedrag” betaal.

“Teer,” is al wat Smit gister by die span se hotel gesê het, toe hy gevra is hoe sy besering voel.

Hy loop mank en dis geen verrassing dat die Bok-bestuur besluit het om die Westelike Provinsie se Schalk Brits nader te trek nie.

Brits sal vandeesweek egter nog vlugflouheid moet trotseer voor die Bokke in Dunedin speel, en die besluit om slegs met twee hakers te toer, gaan nog by die Bokke spook.

Die Bok-kamp het gister nog duim vasgehou dat Smit in Dunedin sal kan speel, maar dit lyk nie na realistiese hoop nie.

Beide Smit en Thorn is sleutelspelers, maar Suid-Afrika is waarskynlik swakker daaraan toe, want hy is sy kaptein óók kwyt.

Met Smit uit, sal die Bokke ook ’n bietjie skrumkrag verloor.

Dit was Saterdag kuikenmoord in daardie faset, met die Bok-stutte wat swaar geleef het.

Weer eens kan ’n mens net hardop wonder waarom BJ Botha nie saam toer nie.

Hy was deel van ’n goeie skrumpoging in die tweede toets teen Wallis, maar het in onguns verval.

Suid-Afrika sal vandeesweek baie hard moet werk om met ’n troef vir die gedugte All Black-stutte, Tony Woodcock en Greg Somerville, vorendag te kom.

Gurthrö Steenkamp en CJ van der Linde het nie die mas in die skrums opgekom nie, maar die enigste ander opsies is die onervare Beast Mtawarira en Brian Mujati.

Van der Linde het ook gelyk of hy met ’n besering sukkel, hoewel die Bok-bestuur nie ’n woord hieroor wou rep nie.

Thorn en Ali Williams het ook die Bokke se befaamde slotpaar van Bakkies Botha en Victor Matfield oorskadu.

Die Bokke se gesukkel voorlangs het ’n slegte effek op die losskakel, Butch James, se spelpeil gehad.

James het onder die druk gevou en swak opsies uitgevoer, maar kan dalk in die beginspan gehou word, want Dunedin is nie die plek waar ’n mens ek­sperimenteer nie.

Nietemin sal die Bok-breier, Peter de Villiers, seker sy opsies oorweeg. Peter Grant het goed op losskakel vertoon toe hy vlugtig vir Frans Steyn teen Italië vervang het.

Hy sal gemaklik tussen Ricky Januarie en Jean de Villiers inskakel nadat hulle by die Stormers gereeld saamgespeel het.

Steyn se insluiting moet ook oorweeg word, maar die groot vraag is waar? Adrian Jacobs het goed op senter vertoon, en die enigste plek vir Steyn as dit nie op losskakel gaan wees nie, is dalk regtervleuel.

’n Verandering op agtsteman is ook ’n sterk moontlikheid.

Ryan Kankowski was puik vir die Sharks in die Super14-reeks en het sekerlik meer om te bied as Joe van Niekerk.

Selfs met daardie veranderinge gaan dit egter ’n tamaai regrukpoging van die Bokke verg.

Hulle het nog nooit vantevore in Dunedin ’n toets gewen nie.

    
VIND
Braai-eenhede
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Braai-eenhede
Musiekinstrumente
3 boeke vanaf R10 elk
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheids- produkte
Reis & Verblyf
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Motor & Huis Versekering
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |