|
|||||||||||
|
| VIND: |
![]() Ryan McLaren
Sport
Boulwerk voorspel gevaar vir Warriors
21/11/2008 12:53:44 AM - (SA)
Oos-Londen. - Die Eagles se akkurate boulwerk voorspel gevaar vir die Chevrolet-Warriors se krieketspan in vandag se eendaagse MTN-wedstryd hier op Buffalopark.
Al die Eagles se boulers was eergister in dié span se oorwinning met 5 paaltjies oor die Dolphins besonder suinig.
Victor Mpitsang en Ryan McLaren het die Vrystaters se aanval met drie paaltjies elk gelei.
Hulle is goed deur Dillon du Preez, Ryan Bailey, Con de Lange en Dean Elgar ondersteun.
McLaren het ook met die kolf uitgeblink en is as die speler van die wedstryd aangewys. Die Warriors sal hom in toom moet hou.
Teen die Titans het die Warriors treurig gekolf. Hulle sal dus baie beter moet doen as hulle nie nog ’n nederlaag wil ly nie.
Die Warriors-swaaibouler Lonwabo Tsotsobe se enkelbesering reageer goed op behandeling en hy behoort reg te wees om die Eagles te pak. As hy tog wel vanoggend sy fiksheidstoets dop, sal Lyall Meyer hom vervang.
Die spanne is:
Chevrolet-Warriors (uit): Davy Jacobs (k), Zander de Bruyn, Arno Jacobs, Robin Peterson, Johan Botha, Riaan Jeggels, Lonwabo Tsotsobe, Wayne Parnell, Juan Theron, Lyall Meyer, Jon-Jon Smuts, Justin Kreusch, Michael Smith. Eagles: Boeta Dippernaar (k), Dean Elgar, Loots Bosman, Rilee Rossouw, Morné van Wyk, Ryan McLaren, Ryan Bailey, Con de Lange, Dillon du Preez, Victor Mpitsang, Thandi Tshabalala. Begintyd: 16:15.
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |