Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Sport
Joyi moet Explosivo liefs respekteer
21/11/2008 12:53:14 AM - (SA)

Port Elizabeth. - Nkosinathi Joyi sal ’n fout maak as hy sy Mexikaanse teenstander vanaand in hul boksgeveg in Mdantsane se binnenshuise sentrum met té min respek benader.

Lorenzo Trejo (31) is ’n veteraan van 47 gevegte waaruit hy baie geleer het.

Hy het wel al 16 keer verloor, maar Joyi moet daarvan kennis neem dat 11 van dié nederlae voor 2000 was.

Sedert 2000 het Trejo se loopbaan ’n dramatiese opwaartse kurwe getoon en het hy net teen gerespekteerde teenstanders verloor.

Hy was al onsuksesvol in vier wêreldtitelgevegte betrokke en het onder andere teen nog ’n Oos-Kapenaar, Hawk Makepula, met punte verloor.

Trejo se bynaam is nie verniet Explosivo nie, hy is ’n gevaarlike kalant.

Luidens berigte kan hy nogal ’n hou vat, hoewel hy twee keer uitgeslaan is en vier keer met tegniese uitklophoue verloor het.

As Joyi sy mini-vlieggewigtitel van die Internasionale Boksorganisasie dus wil behou, moet hy dalk eers sake mooi uitkyk voor hy aanval.

Die Suid-Afrikaner behoort egter te goed en te vinnig vir die uitdager te wees.

Sy broer, Themba Joyi, sal in een van die voorgevegte probeer om die Suid-Afrikaanse junior kapokgewigtitel by Thembelani Phuma af te neem.

’n Voorgeveg waarin Ludumo Galada sy veergewigtitel van die Wêreldboksfederasie teen Pedro Navarette van Mexiko verdedig, kan vir vuurwerk sorg.

TV: Van 21:30 op SABC 2.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |