Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 24º | Worcester 8º / 25º | George 8º / 22º | Port Elizabeth 10º / 21º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Ernie Els van Suid-Afrika kan gister nie glo sy voëltjieset op die 18de putjie het nie ingerol in die laaste ronde van die Singapoer-ope nie. Dít sou sy plek in ’n valbylstryd verseker het.Foto: vivek prakash, reuters
Ernie Els van Suid-Afrika kan gister nie glo sy voëltjieset op die 18de putjie het nie ingerol in die laaste ronde van die Singapoer-ope nie. Dít sou sy plek in ’n valbylstryd verseker het.   Foto: vivek prakash, reuters
Sport
Naby, maar tog so ver vir Ernie
16/11/2008 08:17:38 PM - (SA)

Singapoer. – Jeev Milkha Singh van Indië het die “gholf-gode” ’n groot dankie sê belowe toe hy die Singapoer-ope gister hier op dramatiese wyse met een hou gewen het.

Singh en nog twee groot name in die spel, Padraig Harrington van Ierland en Ernie Els van Suid-Afrika, was al drie op koers om dit in ’n valbylstryd uit te spook, toe Harrington én Els hul kanse verbrou het.

Harrington was eerste aan die beurt toe hy ’n sethou van amper 2 m moes inrol. Sy bal het egter regs verbygerol, wat beteken het dat hy een hou agter Singh geëindig het.

Hierna was dit Els se kans. Die Suid-Afrikaner se sethou van net meer as 4 m was goed op koers na die blikkie, maar het toe net om die rand gerol voor dit langsaan tot stilstand gekom het. Hy het ook op 278 geëindig.

Die Indiër het sodoende sy derde titel van die jaar beklink, asook ’n fris wentjek vir sowat R8 miljoen vir sy telling van 277 houe.

Singh behoort nou ook die seisoen bo-aan die geldwennerslys van die Asiatiese reeks af te sluit – ’n prestasie wat hom ’n plek in die Amerikaanse Meesterstoernooi volgende jaar sal verseker.

“Padraig en Ernie het hard in my nek geblaas. Maar die gholfgode was my dié keer genadig, so ek is nogal bly,” het Singh ges
ê
.

“Hier teen die einde het ek senuagtig geraak. Toe ek op die laaste putjie aantree, het ek gesien ek het net ’n voorsprong van een hou.

“Gelukkig was my dryfhoue die heel week goed, so ek het ’n driehout geneem en hom gejaag. Dit het gewerk.”

Harrington het ’n groot terugslag op die 16de gehad toe sy bal enkele treë van die vlaggie geland het, maar toe oor die setperk gerol en in die water beland het. Dit het hom twee houe gekos. “Ja, dit was hartverskeurend. Maar dis maar hoe gholf is. Soms is dit ’n spel van sentimeters,” het die Ier gesê.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |