|
|||||||||
|
|
Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com | ||||||||
![]() Die Kaapse swemmer Natalie du Toit word in Augustus die eerste sportpersoon wat Suid-Afrika in een jaar by die Olimpiese Spele én die Paralimpiese Spele gaan verteenwoordig. Foto: FRANCOIS NEL
Sport
Natalie ‘reg vir twéé Speles’
12/06/2008 07:52:31 PM - (SA)
PRETORIA. – Van marathon-swemmer tot spoedswemmer in twee weke is die uitdaging wat die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) aan Natalie du Toit gestel het.
Du Toit is die eerste sportpersoon wat Suid-Afrika in dieselfde jaar by die Olimpiese Spele én die Paralimpiese Spele gaan verteenwoordig.
Mosh Mashisi, voorsitter van Saskok, het gister met die aankondiging van die tweede groep sportlui wat Suid-Afrika in Augustus by die Olimpiese Spele in Beijing gaan verteenwoordig, groot lof vir Du Toit gehad.
Volgens hom kan Suid-Afrika nie vir ’n waardiger sportambassadeur gevra het nie.
Du Toit is eergister ook vir die Suid-Afrikaanse Paralimpiese span gekies.
Die twee Speles stel ’n baie groot uitdaging aan Du Toit. Sy gaan by die Olimpiese Spele aan die oopwater-swemnommer oor 10 km deelneem. By die Paralimpiese Spele is 400 m in ’n swembad die verste wat sy gaan swem.
Du Toit erken dit gaan nogal ’n aanpassing verg veral omdat dit by die een Spele oor uithouvermoë gaan en die ander suiwer oor spoed.
“Maar ek is nie te bekommerd nie. Ek dink my oefenprogram vir die 10 km-swem skep eintlik ’n ideale platform. Ek beskou die 15 tot 20 km wat ek nou elke dag swem as staminawerk vir die Paralimpiese Spele.
“Ná die Olimpiese Spele het ek twee weke waarin ek baie hard daaraan sal moet werk om my reaksietyd en spoed te verbeter. Ek glo dit sal genoeg wees.”
Du Toit het dit duidelik gemaak dat albei Speles vir haar ewe belangrik is.
“Natuurlik is my deelname aan die Olimpiese Spele ’n droom wat waar geword het, maar dit beteken nie dat ek nou minder entoesiasties oor my deelname aan die Paralimpiese Spele is nie.
“Dit is vir my ’n saak van trots om elke keer wanneer ek my land verteenwoordig my beste te gee.”
Du Toit meen as sy by die Olimpiese Spele in die 10 km onder die voorste 10 kan eindig, het sy goed gevaar.
Uiteraard het sy groot doelwitte vir die Paralimpiese Spele.
In 2004 in Athene het sy vyf goue medaljes (100- vlinderslag, 50-vryslag, 100-vryslag, 400-vryslag en 200- individuele wisselslag) gewen en ’n silwer in die 100-rugslag. Sy glo sy kan dié prestasies in Beijing ewenaar.
Die Suid-Afrikaanse Paralimpiese span is:
Atletiek: Ilse Hayes, Zanele Situ, Chenelle van Zyl, Oscar Pistorius, Hilton Keith, Stephanus Johannes Lombard, Michael Louwrens, Nicholas Newman, Ernst van Dyk, Marius Stander, David Roos, Duane Strydom, Ndodomzi Jonathan Ntutu, Arnu Fourie, Teboho Mokgalagadi, Fanie van der Merwe.
Swem: Charl Bouwer, Kevin Paul, Tadgh Slattery, Achmat Hassiem, Natalie du Toit, Shireen Shapiro, Emily Gray, Sarah Shannon, Adri Visser, Beth Nothling.
Fietsry : Gavin Kilpatrick, Michael Thomson, Riaan Nel, Janos Plekker, Susan van Staden, Roxanne Burns, Ernst van Dyk.
Kragoptel : Wilhelmina Hendrika Grobbelaar.
Roei: Kim Robinson, Kevin du Toit, Gordon Eddey, Masego Mokhine, Jarryd Clarke.
Tafeltennis: Pieter du Plooy, Johan du Plooy, Alisha Almeida, Aletta Moll.
Tennis: Kgothatso Montjane.
Rolstoel-basketbal: Marcus Retief, Shaun Hartnick, Justin Govender, Nicholas Taylor, Ralph Williams, Marius Papenfus, Siphamandla Gumbi, David Curle, Thandile Zonke, Jeremy Nel, Grant Waites, Richard Nortje.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |