Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  SPORT  

  F1  

  SPAR Ladies Run  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Mickey Arthur                 Foto: MOUTON VAN ZYL
Mickey Arthur    Foto: MOUTON VAN ZYL
Sport
SA, Engeland stamp dalk nog kop oor nuutjie
08/05/2008 08:50:14 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Suid-Afrika en Engeland se krieketspanne grom reeds vir vir mekaar – en dít nog twee maande voordat die eerste bal in die komende toetsreeks afgestuur word.

Mickey Arthur, breier van die Proteas, het gister gesê terwyl sy span ten gunste is van die proefneming dat spelers die skeidsregters se beslissings kan betwis, is die Engelse spelers glo nie daarvoor te vinde nie.

“Al wat vir ons tel, is dat die regte besluite geneem moet word. Ons glo die nuwe stelsel sal beslis waarde toevoeg, maar ek verstaan dat die Engelse spelers lugtig is vir die proefneming,” het Arthur gesê.

Die Internasionale Krieketraad (IKR) het vandeesweek die proefreël bekend gemaak wat, soos tennis, die spelers in staat stel om ’n skeidsregter se beslissing te betwis. Die skeidsregter sal dan die TV-skeidsregter raadpleeg.

Die IKR het Engeland en Suid-Afrika gevra om die reël in die komende toetsreeks op die proef te stel. Die eerste van vier toetse begin op 10 Julie op Lord’s in Londen.

Indien dit nie in die Engeland/Suid-Afrika-reeks getoets word nie, sal Indië en Sri Lanka die eerste proefkonyne wees.

Dit sal interessant wees om te sien of die Engelse uitsaaier Sky Sports druk op die Engelse span plaas om sy standpunt te verander. Sky het reeds nou met die IKR saamgewerk en sal graag die proefreël wil toets.

Intussen het een van Suid-Afrika se voorste skeidsregters, Marais Erasmus, sy steun aan die nuwe stelsel toegesê.

Erasmus sê, nes Arthur, dat dit belangrik is dat die regte beslissing geneem word.

Die voormalige Bolandse speler het erken dat dit nie lekker gaan wees as een van sy foute uitgewys word nie.

“Ek dink daar is ’n kans dat ’n skeidsregter se selfvertroue nadelig beïnvloed kan word (as sy beslissings die hele tyd hersien moet word), maar as jy op internasionale vlak wil staan, moet jy dit kan hanteer,” het Erasmus gesê. Dié onderwyser van Malmesbury is in 2006 en 2007 as die skeidsregter van die jaar in Suid-Afrika aangewys.

Hy glo ook dat die nuwe plan baie van die plofbare situasies tussen die spelers kan ontlont.

“In die huidige stelsel, wanneer ek ’n fout maak, mag die spelers niks vir my sê nie. Dit word dan op die kolwers uitgehaal, en dis waar die druk begin oplaai.

“Nou sal dit in die kiem gesmoor word,” het die skeidsregter gesê.

Erasmus het gesê mense was eers bang dat dié stelsel die gesag van die skeidsregter sal ondermyn, maar dit is tyd dat daar met die moderne tegnologie aanbeweeg word.

. Morné Morkel sal die volgende drie weke langs die grenstou deurbring nadat hy ’n graad2-skeur aan sy dyspier opgedoen het.

Morkel, wat vir die Engelse graafskap Yorkshire gespeel het, keer nou na Suid-Afrika terug, waar hy hom vir die reeks teen Engeland sal voorberei.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |