Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  SPORT  

  F1  

  SPAR Ladies Run  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Sport
KATONKEL: Tot roofvisse swig voor ‘dropshot’
08/05/2008 09:03:52 PM - (SA)

DIE groot kanonne van Westelike Provinsie-hengel pak mekaar môre vir oulaas in vanjaar se interklubreeks om 2008 se kampioen aan te wys.

En daarmee is dit amptelik die aanbreek van ’n rustydjie vir die manne van naam – om tuis toerusting na te gaan, te bedink wat om te doen vir die seisoen wat einde vanjaar weer oopmaak en sommer net nuwe toerusting op die mark te bekyk.

Dit geld ook die varswater-klubmanne. Maar in praktyk beteken dit nie die vis gaan ophou byt nie.

Naweekhengelaars baat slegs by dié ruskansie deurdat daar meer staanplek op hul “spesiale” staanplekkies is.

By Strandfontein en ander plekke waar haaie gevang word, is daar ook meer “ruimte”. Van die faktore wat aan Katonkel ingestuur word, is dat die haaie dan bietjie van die kus afwyk. Daar is nie meer volop aas in die water wat hulle lok en die kabeljoue wegjaag nie. Ook die robbe sal bietjie terugtrek eiland toe.

Wat oorbly, is ’n soeklig op die fyner kuns van “dropshot” en hieroor wil Katonkel vandag bieg dat dit vir hom al hoe meer ’n goeie voorstel blyk te wees, soos Hennie Odendaal van Kuilsrivier reken dat ons die komende paar maande spesiaal herdoop na gesinshengel-maande.

Peto du Toit van Stellenbosch Sport bevestig dat “dropshot” al hoe meer vir roofvisse ook gebruik kan word. Hy het verlede week ’n tamaai kabeljou gevang op ’n rubberwurmpie met die naam Camo Sandworm 2.

Peto het rondgestaan nadat sy aas opgeraak het en ingedagte die sandwurm opgesit. Binne oomblikke was hy vas.

Katonkel gryp die telefoon en bel Bettysbaai toe waar Hendrik Pienaar ’n galjoen op die einste wurm gevang het. Viva hengel in die wintermaande, sê Pienaar.

Buurman Cor Agenbach, wat ook vandag vir sy klub Two Oceans op die rotse uitdraf, en ook ’n uitmuntende baarshengelaar is, vertel ’n mens kan tientalle dinge doen as die visse nie die lepels wil vat nie.

Hy roep die vis, vertel hy.

Om vis te roep, steek jy net die puntjie van die stok se punt in die water en tik-tik. Babers en baarse is huiwerig, maar as jy die raasbekke rondom jou kan stilkry en jy staan mooi stil, kom een of twee visse wel nader.

Met die sandwurm sal hy byvoorbeeld “jollie”.

Dit is om die wurm so entjie van die wal af op die bodem te laat lê en klein rukkies gee sodat die wurm sand opskop. Geen baars kan dit weerstaan nie.

Die lekker van “dropshot”-hengel is dat dit veral in tye van aas-skaarste nuttig is.

Al wat nodig is, is om die vis wat jy soek te identifiseer en die stukkie rubberding aan die hoek sit.

Nog beter, vra jou naaste sportwinkel. Die manne het al heelwat data rondom “dropshot”-hengel bymekaar.

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |