Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  SPORT  

  F1  

  SPAR Ladies Run  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Craig Rosslee Foto: GALLO IMAGES
Craig Rosslee    Foto: GALLO IMAGES
Sport
Ajax se naasbestes reis na Kameroen
08/05/2008 08:49:15 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Ajax Cape Town se afrigter, Craig Rosslee, gaan nie dat ’n reistog van 36 uur na Kameroen en terug sy kanse belemmer om die Premierliga-sokkertitel te wen nie.

Die Urban Warriors pak Mount Cameroon Sondag in die spanne se tweede wedstryd van hul Konfederasiebeker-kragmeting in Kameroen.

Ná dié wedstryd kom Ajax CT eers Dinsdag in die Kaap aan. Dit is net twee dae voor die belangrike derby teen Santos, wat Donderdag in die Athlone-stadion plaasvind.

Om dié rede het Rosslee besluit om ’n tweede span te kies om die uitdagende reis na Kameroen te onderneem. Dié span het gisteroggend om 06:00 vertrek.

Die Kapenaars het egter die voordeel dat hulle die eerste wedstryd met 5-1 in die Athlone-stadion gewen het. Die Kameroense span moet die tweede wedstryd met minstens 4-0 wen om Ajax CT te troef.

Rosslee het gesê hy gaan net vyf spelers van die span wat AmaZulu Woensdagaand met 3-0 afgeransel het, saamneem.

Ajax CT is nou weer bo-aan die Premierliga-puntelys met 50 punte, maar het een wedstryd meer as SuperSport United gespeel, wat op 48 punte in die tweede plek is. SuperSport het egter môre ’n moeilike wedstryd teen Moroka Swallows in die Germiston-stadion.

Santos is vierde en is gelyk met Mamelodi Sundowns op 44 punte. Die People’s Team het egter ’n wedstryd minder as Sundowns gespeel en kan weer die derde plek terugkry as hy môre die sukkelende Thanda Royal Zulu verslaan.

“Die reis is ’n verskriklike een en ons het besluit om die meeste van ons sleutelspelers die wedstryd in Kameroen te laat misloop,” het Rosslee gesê.

“Ons gaan dieselfde span laat speel wat in die laaste wedstryd in aksie was. Die spelers het hulle goed van hul taak gekwyt en dit sal goeie ondervinding vir hulle wees.”

Ajax CT het eergisteraand sy titel-drome lewendig gehou met ’n klinkende sege oor die KwaZulu-Natallers. Dit was baie beter as hul flouerige vertoning verlede week teen Mamelodi Sundowns.

Ajax CT het meer vorentoe gespeel en het sy doelskieters met puik aangeewerk in spel gebring.

“Ek dink Sundowns het nie genoeg krediet vir daardie sege gekry nie. Hulle het baie goed gespeel,” het Rosslee gesê.

“Ons was egter baie vrot. Ek was teleurgesteld omdat ons só gou tou opgegooi en nie karakter getoon het nie.

“Vanaand (Woensdag) se vertoning was baie goed en die manne het vergoed vir verlede week se glips.”

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |