Webwerf   Argiewe   Foto's   Netads 
WEER » n.a. Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SKOLE  

  KAMPUS  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  SUPER14  

  SPORT  

  F1  

  SPAR Ladies Run  


VERSEKERING
Spaar tot 25% by OUTsuranceKliek hier vir motor-, huisinhoud- en besigheidsversekering en ons bel jou terug.
Die WP-heelagter, Hayden Groepes, ontduik Ronnie Uys, ’n verdediger van die Vrystaat. Die Vrystaters het met hul sege oor die Streeptruie hul plek in die eindstryd bespreek.Foto: YUNUS MOHAMED
Die WP-heelagter, Hayden Groepes, ontduik Ronnie Uys, ’n verdediger van die Vrystaat. Die Vrystaters het met hul sege oor die Streeptruie hul plek in die eindstryd bespreek.   Foto: YUNUS MOHAMED
Sport
Cheetahs fnuik WP in halfeind
04/05/2008 09:28:53 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Jerome Paarwater, afrigter van die Westelike Provinsie se Vodacombeker-rugbyspan, meen ’n gebrek aan dissipline was die groot faktor in sy span se nederlaag van 22-27 teen die Vrystaatse Cheetahs in hul halfeindstryd op Nuweland.

Die WP het Saterdag stewig in die saal gelyk toe hy in die 66ste minuut danksy Nico du Plessis se verdoelde drie met 22-13 voorgeloop het.

Die Cheetahs het egter met Sias Ebersohn se drie in die 73ste minuut binne trefafstand gekom, en toe die WP se andersins indrukwekkende senter Morgan Newman ’n minuut later ’n geel kaart kry, was die tafel gedek vir die besoekers om die oorwinning te steel.

Hul groot loskopstut, Ronnie Uys, het uiteindelik deur die verdediging gebars om die wendrie te druk.

“Ek was teleurgesteld oor ’n paar kanse wat verspeel is, en die swak dissipline aan die einde. Morgan het een van hul spelers gepootjie, wat ’n bietjie onnodig was.

“Daar was ’n paar ander insidente van die bal af. Ek weet nie hoe dit ingekruip het nie,” het ’n teleurgestelde Paarwater gister gesê.

Newman het egter ook ’n skitterende drie afgerond en sy voortreflike spel is een van vele redes waarom die WP positief kan terugkyk op hul veldtog.

Dit is nou wel so dat hulle nie meer die groot prysgeld van R1 miljoen kan wen nie, maar Paarwater en sy span het niks om oor skaam te wees nie.

“Die groot positiewe ding vir my was die hoeveelheid spelers wat ons opgelewer het wat vir die WP in die Curriebeker-reeks kan speel,” het Paarwater gesê.

“Dis ook goed vir die unie dat daar grotendeels daarin geslaag word om nou ’n wenkultuur hier te vestig.”

Een van die ander positiewe aspekte van Saterdag se wedstryd was die skitterende spel van die skrumskakel Paul Delport toe hy sy verskyning as plaasvervanger gemaak het.

Delport het met oorgawe gespeel en sy uitstekende drie moes eintlik die keerpunt gewees het om die wedstryd in die Streeptruie se guns te beklink.

Dat dit nie was nie, het seker maar iets met ’n gebrek aan ervaring in die span te make. Dis teleurstellend gegewe dat die WP waarskynlik die talent gehad het om die kompetisie te wen.

Puntemakers: VRYSTAAT 27 (7) – Drieë: Jaco du Toit, Sias Ebersohn, Ronnie Uys. Doelskoppe: Jandre Blom, Ebersohn, Wilton Peterson. Strafdoele: Blom (2). WP 22 (7) – Drieë: Morgan Newman, Paul Delport, Nico du Plessis. Doelskoppe: Isma-eel Dollie, Ricardo Croy. Strafdoel: Dollie.

. Die Bulle sal op 15 of 16 Mei op Loftus Versfeld in die eindstryd teen die Vrystaat te staan kom ná hul oortuigende sege van 40-20 oor Griekwas.

Puntemakers: BLOU BULLE 40 (10) – Drieë: Braam Gerber, Rassie van Vuuren, Tiger Mangweni (2). Doelskoppe: Burton Francis (4). Strafdoele: Francis (2). Skepdoele: Francis (2). GRIEKWAS 20 (7) – Drieë: Lafras Uys, Riaan Viljoen. Doelskoppe: Viljoen (2). Strafdoele: Viljoen (2).

    
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.
VIND
Reis & Verblyf
F1 Produkte
Internasionale Lotto
Motor Huur
Eiendomme te koop
Versekering Vir Vroue
Versekering
Dekor
Motors
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek.com
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek.com om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |